Blah, blah, blah. Jurie. Poes. Tagtig Naira. Weet julle hoeveel is 80 Naira? Ek sal julle vertel hoeveel 50 Naira is. Vir 50 Naira klim jy agterop 'n Okada 100cc bike en dit vat jou werk toe, of jy klim enige plek plek af in Abuja. Vyfitg Naira. Vyftig Naira is presies R2.94. Dis hoeveel jou lewe werd is, sou jy bike ry, sou jy afbliksem, sou jy fence jump. Ek ry kar. My lewe is R8.32 werd. 'n Pakkie Benson ook. Jurie, jy skuld my nou al 80 Naira per week vir ses weke lank. Betaal assebelief R23.23 in my ABSA rekening. Jou poes.
Hierdie week in Nigerian weekly: 1.) Nigerian Psychotherapy: Ry die yster tot jy luister. Weet julle hoe maak sielkundiges geld in Nigeria? Nee, julle weet nie, want julle bly nie hier nie. Shut up, ek praat! Sharrap! Sharrap! Sharrap! Sharrap! Ok, sorry oor d … Sharrap! Ok sorry. Dit werk so: Swart Frasier cruise rond in sy kar en hou 'n arendsoog oor die volk oppie sidewalk. As jy bietjie snaaks lyk of act, word jy geskraap. Nou met bietjie snaaks lyk of act, bedoel ek ook jy kan hoofpyn hê en net jou kop vashou. Wat gebeur? "Jy lyk fokken weird, mannetjie, kom sit bietjie op oom se agterseat dan maak ek drop by beter plek." Beter plek werk so: "Jy en al jou psycho tjommies word met 'n ketting of 'n tou in armlengtes aan mekaar vasgemaak. Jy hoop maar dis tou-dag. Dan word elkeen twee stukke yster gegee en dit moet gevolglik teen mekaar gekap word die hele goddelike dag. O ja, die "band" kry ook 'n emmer. Wat gaan in die emmer? Sharrap! Mense wat verby jou ry gooi Naira's in die emmer. Wie se Naira's is dit? Dis reg ja, dis Swart Frasier se Naira's. Elk van die supposedly fucked looney's kry 'n klein gedeelte van die geld aan die einde van die dag as mister psycho hulle weer kom ontknoop of onketting. Nou met klein gedeelte bedoel ek omtrent een ride op 'n 100cc Okada. Wat skiem jy doen daai mense die volgende dag? Hulle voel soos tossed salad en scrambled eggs want hulle het die vorige dag heeltyd ysters gekap. Lekker seer kop, maar jy hou hom liewer nie vas nie. Lessie virrie dag? Ry die yster tot jy luister! |
Watkykjy staan op 3,090,238 post views in totaal sedert 1 November, 2019.