Dis seker hoogtyd dat die koerant weer sy regmatige plek inneem op Vrydae. Sorry, ek kan nie help oor laasweek nie. Ons moes die Vrydag al vroeg fokof om die 650km aan te pak sodat ons deur tse-tse vlieë gechow kon word en deur die muskiete genaai kon word. Gelukkig het Big Yellow Machine (dis nou wat die Fransmanne vir Skipper Glen noem) besluit om die Peaceful Sleep eers Saterdag weg te poes. Gevolglik kry ons nou malaria en slaapsiekte eers 'n dag later oor so twee weke. Julle kan dus nou aflei dat Skipper nou die nuwe poes is en nie meer Jurie nie. Ag fokkit, who am I kidding? Jurie is nog steeds 'n poes. Tagtig Naira asseblief. In my Nigerian First Trust rekening, Maandag eerste ding. Baie dankie. Maar wag 'n bietjie … dis dan Donderdag vandag? Moet seker daai R8 'n pakkie Benson wees wat ons rook. Hierdie week in die Nigerian Weekly: 1.) Vodacom CEO tune Nigeria poef en kry poep van voor. 1.) Vodacom CEO tune Nigeria poef en kry poep van voor Vodacom se CEO, John Knott-Craig meen lat Vodacom skrikkerig is om in Nigeria te invest en dat dit 'n 419 land is met con artists. Hy meen dat sy company so gou as moontlik so veel as moontlik geld wil maak uit die ander Afrika lande om die SA Rand sterker te maak. Ek hoop nie mens het 'n besigheidsgraad norig om daai enetjie uit te figure nie, want dis nogal straight forward in enige besigheid. Die goue reël in business is tog immers: Try to make lots of money, so you can step on other people and tell them what to do. The Sun in Nigeria berig ook verder op 'n huilerige trant dat Knot-Craig van mening is dat dit as volg werk in Nigeria: jy vat 'n jaar om uit te figure wat presies jy in hierdie land koop. Dan vat dit jou nog 'n jaar om te probeer fix wat jy gekoop het en 'n derde jaar om te huil en te wens jy't dit in die eerste plek nooit ge-fokken koop nie. Hierie ou het wragtag visie sover dit hierie hopelose plek betref, want ek het al die tweede dag begin huil nadat ek 'n fucked-up blikoopmaker by Park 'n Shop gekoop het. Wilskrag en skietgebedjies kry nou my blikkieskos oop op aande wat die diens by ons hotel treuriger is as Jacaranda FM. 2.) Help, die speaker zaber my vrou Ek weet darem nie. Ek het hierdie drie bladsye voorblad berig oor en oor gelees en ek kop nog steeds nie mooi wat aangaan nie. The Sun probeer actually hul bes om so duidelik as moontlik te relate presies wat plaasgevind het. Julle sal later sien hoekom. Ek gaan nonetheless try om te verduidelik. Gabriel Gbayan is die Benue State Resident Federal Auditor en Mzenda Iho is die speaker van Benue State House of Assembly. Ek weet nie of dit kerk of parliament is nie, want hierdie land meng die twee so erg lat jy helfte van die bevolking op Vrydae poepol omhoog sien bid in die strate en die ander helfte jou probeer naai met hulle faktap taxi fares en dan bid/sing terwyl hulle bestuur en hulle bes try om jou te verongeluk. Eersgenoemde persoon beskuldig laasgenoemde dat hy sy vrou se zaberholte wederegtelik begin surf het. Hy't hulle blykbaar red-handed gevang terwyl hulle besig was om hide the yam te speel. Daaropvolgende gebeure het min of meer as volg verloop en dis nou hier waar die koerant se detail nou moerse help: Die ander ou het geskrik en 'n toon try klap, maar gelukkig het mister Gabriel die ander ou se kar ('n Mercedes Benz met registrasienommer AA 780 PKG) geblok totdat die bure gesmeek het lat hy nie die skuldige ou moet doodpoes nie – wat by the way, sy plan was. Shame, lat hy al hierdie woede oor vier jaar kon opbou. Dis nou waar alles begin wortel skiet het. Sowat vier jaar terug het sy community so erg begin worry oor die affair, dat hulle mock troukaartjies begin print het met foto's van die twee skuldige naaiers. Dis nou die kwaai ou se chick en meneer speaker wat elke aand sy purple microphone in haar boombox druk. Hulle het hierdie troukaartjies in die community begin uitdeel. Dis om soos flyers vir Dropzone in Hatfield te kry as jy net wou gaan pos uithaal het. Dis sad. Dis eintlik so klein bietjie fokken goor, skiem ek. Dit het later ook so woes begin raak dat die Council of Elders (wie de fok hulle ook al is) 'n emergency meeting tussen die twee gereel het by wyse van 'n brief ( en hier kom dit nou) gedateer 27 Januarie 2003 met verwysingsnommer KTC/CIR/1/Vol.1/71. Op hierdie stadium het ek die berig al drie of vier keer oorgelees, want dit maak nog steeds fokkol sin. Daar is te veel uiteenlopende menings, geskille en onnodige inligting. Byvoorbeeld dat die speaker ook klas gegee het vir die vrou wat wat haar bosmossel so ontbloot. Sy is 16 jaar jonger as hy en dit lyk of sy en die kwaai outjie wat Mercedes Benzes` met registrasie nommers AA 780 PKG stormloop al 'n rukkie geskei is ook boonop. Daar is net te veel fokken name en info. Toe gee ek maar op. Soos ek nou ook opgee. Ek sal kyk of ek die oorspronklike brief met verwysingsnommer KTC/CIR/1/Vol.1/71 vir julle kan opspoor. Gaap. Hierie storie is faktap. 3.) Hierdie week se cartoon: One Battle too many Nou hierdie outjie kom van bladsy 28 van die Sunday Sun af. Dit is hopeloos te kak geteken om dit in te scan en actually vir iemand te wys wat al kak cartoonstrips soos Ben Babsie en Familie in die Rapport gesien het. So ek doen julle nou 'n moerse guns. Ek sal julle verduidelik wat aangaan in die fokken ding en dan kan jy maar self 'n mental picture skets van hoe jy dink die storielyn moes verloop. Pasop net om nie te veel te dink nie. Ek moes nog na die fokken prentjies ook kyk. Raait, daar is ses frames in hierdie comic strip. Frame 1 ('n ou wat twee ouens bliksem): Emeka engaged the hoodlums in a gruelling wrestle. "Grrrrr! I'll kill you beasts!" Miskien kan iemand my dalk asse-fokken-blief help met hierie enetjie. Onthou, ek het nog prentjies ook gehad. Miskien is die Nigerians te diep vir my. Ag jirre nee! Die prentjies! Die prentjies! God, die fokken prentjies! 5.) Man Van Intersek smokkel lyne na USA, vergeet sy eie brein. Hier is fokken baie olie in Nigeria. Hier is fokken baie verkeer in Nigeria. Hier is fokken baie Nigerians in Nigeria en hier is fokken baie drugs in Nigeria. In fact, so baie drugs, lat die locals hier besluit het om dit uit te voer na Amerika en die res van die aardbol toe. Daar is egter so paar klein probleempies: Nommer een – Amerika is huilerig oor hulle airports na 911. Nommer twee – Amerika is huilerig oor drugs by hulle airports na 911. Nommer drie – Amerika is huilerig oor Moslems by hulle airports na 911. Nommer vier – Amerika is huilerig oor Moslems met drugs by hulle airports na 911. Geen wonder hulle het die attitude van "Dra ek 'n rok?" "Nee, meneer." "Nou hoekom probeer jy dan om my te naai?". Nigerians het die perfect solution. Gaan na jou local toordokter en hy sit 'n spell op jou wat jou so invisible maak soos Sam Casey – daai ou van Man Van Intersek wat altyd op Saterdae op TV 1 was terwyl ons visvingers getand het en Jannie Verjaar koendrank gedrink het. Daar is nie so ding soos customs in Nigeria nie, so jy kan asbliksakke vol cocaine om jou lyf vasstrap en 'n kans vat. Die probleem is in Amerika. Daar is sulke masjiene wat jou luggage eye en basically kan sien hoeveel cripsy chicken jy vir ontbyt gehad het en of die chicken regtig cripsy genoeg was. Of dat jy kondome binne in jou maag dra in plaas van op jou zaber. Nou kom hierie blaar van Wes-Afrika daar aan. Eerste keer in Amerika. Al klaar uitgefreak, maar hy is invisible sodra hy uit die vliegtuig is. Fokkol worries. Customs tune hom woza lapa en Sam ignoreer dit soos die Nigerian Government budgets ignoreer. Natuurlik lyk hy nou so suspicious soos 'n non by 'n AC/DC concert en hy word direk konfronteer: "Excuse me sir, can you please step out to your left-hand side!" waarop die Nigerian antwoord: "You cannot see me. How can you talk to me if you cannot see me?" Meneer lughawe tune half confused: "I see you sir, don't worry, just step to your left please." Die deurskynende ou hou vol: "You cannot see me! You cannot see me! Do not speak to me when you cannot see me!" Dan onthou hy wat oom toordokter vir hom gese het: As die spell begin fade, moet hy net na die naaste muur toe hardloop en sy rug teen die muur stamp en hy sal instantly verdwyn. Dink nou vir jouself in hoe faktap dit moet lyk as hierie arme poes met 'n kilogram cocaine aan sy lyf homself opfok teen 'n muur by JFK International terwyl hy gil: "You cannot see me!" Dis eers wanneer die ouens hom gryp en boei dat hy huilende agterkom dat die toordokter hom vir 'n poes gevat het en dat hy in groot kak is. Wonder of hy daai trick in die tronk gaan try as sy fellow countrymen hom versoek om die seep op te tel … My ma het my altyd uitgekak as ek nie my kos wou opvreet nie en gese: "Daar is duisende mense in Afrika wat nie kos het nie!" waarop ek altyd geantwoord het: "Noem vir my twee!" Ek het nooit gedink ek sal een van die twee wees nie. Geniet die naweek, ry vinnig en onthou katkisasie op Sondag. grifF |
Watkykjy staan op 3,091,380 post views in totaal sedert 1 November, 2019.