Hoe ry die Datsun …
'n Krimpie karring op 'n plaaspad met sy ou faktap Datsun 120Y, toe die ding skielik kak. Terwyl hy probeer check wat's wat pull 'n Porsche op langs hom en tune van assistance vir die ou top.
Die man met die Porsche check vinnig-vinnig die Datsun is fakt en bied aan om die krimpie te tow na die naaste garage. Hulle kom ooreen dat as die ou met die Porsche te vinnig gaan laat die krimpie brights gaan gooi en sal hoot sodat die ou kan afslag. Once.
Eerste robot en 'n Ferarri pull op langs die Porsche. Gewoonte is baas en toe die ligte drop skiet altwee laney karre weg met 'n kakspoed. Teen 180 km/h rip hulle 'n speedtrap en die spietkop bekak homself. Hy skiem toe hy sal nooit die fokken lot self stop nie, toe klim hy op die radio vir help.
"Tune nog traffices onmiddellik. Hier's 'n Ferrari en 'n Porsche op 180 en dan 'n faktap ou Datsun agter hulle wat ligte gooi en hoot om nog fokken verby te vat!"
Watkykjy staan op 3,090,348 post views in totaal sedert 1 November, 2019.