Sol deer nie
Het julle gehoor Sol Kerzner het SAA gekoop?
Die nuwe naam gaan Aerosol wees.
Medies, ongeskik
'n Man trek aan na 'n vol medies ondersoek. Die dokter kom die vertrek binne met ' n bekommerde uitdrukking op sy gesig. "Ek is bevrees ek het slegte nuus," se hy. "Jy het 'n onbehandelbare siekte. Daar is niks wat die mediese wetenskap vir jou kan doen nie."
Die man is geskok. "Dok, hoe lank het ek?" vra hy.
Die dokter antwoord: "Tien."
Die man is verward. "Wat se antwoord is dit? Tien wat? Tien maande? Tien weke?"
Die dokter sê: "Nege, agt, sewe …"
Kak grap van die jaar
Wat het Batman vir Robin gesê voor hy innie kar geklim het?
"Robin, klim in die kar".
Watkykjy staan op 3,112,774 post views in totaal sedert 1 November, 2019.