Talk dirrrty
Koos is besig om 'n Engelse cherrie te spyker, en sy tune hom: "Talk dirty to me."
Koos tune "OK, jou ma se poes."
Beeldspraak
Vir drie eeue lank het twee standbeelde in 'n park gestaan, 'n man en 'n vrou wat na mekaar kyk. Op 'n dag kom 'n genie verby en sê vir die standbeelde: "Vir drie eeue staan julle nou al so en kyk vir mekaar, geskei deur'n enkele meter. Julle verskaf die mense wat hier in julle skaduwee kom sit soveel plesier dat julle 'n spesiale geskenk verdien. Vir 'n halfuur lank gaan ek julle menslik maak, en julle mag doen wat julle wil."
Met 'n klap van die genie se vingers verander die twee standbeelde in mense van vlees en bloed, en met 'n vreeslike gegiggel verdwyn die twee in die naaste bosse. Vyftien minute later kom hulle terug, elkeen met 'n breë glimlag.
"Wel, julle het nog vyftien minute oor," sê die "Genie". "Wat wil julle nou doen?"
Die vroulike standbeeld kyk opgewonde na haar manlike maat en sê: "Wonderlik. Hierdie keer kan jy die duif vashou en ek sal op hom kak!"
Get out of my dreams …
Hoe sê mens "boom boom boom let's go back to my room" in Afrikaans ?
"Sakkie sakkie sakkie kom ons gaan steek in my bakkie"
Watkykjy staan op 3,084,025 post views in totaal sedert 1 November, 2019.