Hoezit – befokte saait!
Hier is 'n kort storie van wat regtig in P-Town gebeur het toe ons studente was.
Een naweek was een van my Commune pelle, Lindsay, lekker verveeld, en besluit toe om saam met 'n pel Harties toe te gaan vir die dag. Hoekom Harties weet ek nie!
Daai jare (1980), moes jy nog regdeur die Wille Weste van P-Town ry om by Harties uit te kom. So nadat hulle met Linsay se blou Volla, 'n hele paar vet daaise met "Big 6'e" opgetel by elke 2de robot in die Wille Weste, was hulle in die regte mood toe hulle by Harties aankom.
Lekker rondgefok, skerre gesoek – (maar nie gekry nie!), sit hulle maar toe langs die dam en knak 'n paar Hansas. Daar was 'n hele paar Damduikers in die omgewing wat die dag opgehelder het, maar hulle kon dit nie glo to 'n kanarie-geel Big-6 reg langs hulle stop, nadat hy eers so 'n bietjie gerev het voor die ou hom afsit. Jy weet mos hoe maak 'n Ford as jy hom afsit as hy warm is – hy vrek nie dadelik nie, maar hoes-en-poep eers voor hy vrek.
Die Ford het nog nie eers klaar gehoes-en-poep nie, toe cast die ou al sy eerste kerriepap in die dam in. So sit hy by sy twee vistokke en hou die kerriepap poliesmanne dop, to hy skielik omkyk en vir die sker in die kar skree.
"San, sit daai kan wyn in die son sodat hy solank revs optel!!!"
So waar as fok – dit is die waarheid! Lindsay en sy pel het hulle absoluut gecrack, sonder dat die ou dit gesien het natuurlik. Vandag nog is dit een van ons favourite sêgoed.
Boer Kommando
Watkykjy staan op 3,092,387 post views in totaal sedert 1 November, 2019.