Kort jokes
Wanneer weet jy het die Rand werklik sy waarde verloor?
Wanneer die prostitute begin vas uitgaan.
Mike: Koos, ek hoor jy het die grootste meneer op die dorp.
Koos: Mike, jy moet nie alles glo wat jou vrou jou vertel nie.
Die dokter ondersoek Koos se toekomstige vrou. Toe hy klaar is, roep hy Koos eenkant.
Dokter: Kyk, dit is 'n lelike ding waaroor ons ongelukkig nou moet praat.
Koos: Ek weet dokter, maar sy het baie geld.
Wat is die verskil tussen 'n emigrant en 'n vlugteling? Tydsberekening.
Oom Olifant
'n Man is op safari in Afrika. Hy kom af op 'n olifant met 'n groot doring in sy voet. Versigtig bekruip hy die olifant en verwyder die doring. Die Olifant wat doodstil gestaan het tot nou toe, draai stadig om en begin wegstap. 'n Paar tree verder gaan staan hy, kyk om en staar vir amper 'n volle minuut na die man. Die olifant stap toe verder en die man dink by homself: "Ek wonder of daardie olifant my sal onthou, as ek hom ooit weer sien?"
'n Goeie paar jaar later terug by die huis neem die man sy kinders sirkus toe. Hy merk toe op dat een van die olifante waar hulle verbystap, die hele tyd na hom staar, amper asof hy hom herken. Die man wonder, "Kan dit die olifant wees wat ek al daardie jare terug gehelp het?" Hy besluit om van nader te gaan ondersoek stel, en met die olifant wat nog steeds na hom staar stap hy tot reg voor die olifant.
Hulle oë ontmoet. 'n Kyk van "Ek ken jou." flits oor die olifant se gesig.
Die olifant buk af en tel die man versigtig met sy slurp hoog in die lug op …
EN GOOI HOM TOE HARD OP DIE GROND NEER EN TRAP HOM IN SY MOER!
Blykbaar toe nie dieselfde olifant nie.
Bel net
Drie manne besluit om te gaan jag en hulle werk toe uit dat die trippie heelwat goedkoper vir elkeen sal wees as hulle 'n vierde jagter saamvat. Hulle wou ook nou nie enige ou saamvat nie so hulle spesifiseer toe in die Landbouweekblad:
UITNODIGING:
Jagmaat vir jagtog in Namibie 2/6/2003 tot 7/6/2003 gesoek. Moet eie jaggeweer besit, goed kan skiet, en moet hou van 'n gesellige aandjie met musiek en stories om die kampvuur. Skakel Skietpiet by Vryburg 5555.
Niemand bel tot so twee dae voor die trippie nie. Laatnag lui Skietpiet se foon …
"Goeienaand. Herman van Pretoria wat praat. Ek skakel in verband met u advertensie in die Landbouweekblad."
Skietpiet is skielik wakker: "Naand Herman, ja, ons het nog 'n plekkie oop. Watse geweer het jy?"
Herman: "Ek het nie 'n geweer nie, Oom."
"Dis nie die ergste nie. Ons sal 'n plan maak." se Skietpiet, "Jy kan een by my leen. Jy skiet seker 'n bars hou."
Herman: "Ek skiet eintlik glad nie, Oom."
"Dis ook nie die ergste nie, neem 'n paar foto's en kuier saam. Jy hou darem seker van 'n paar doppe om die kampvuur?"
"Nee Oom, ek drink nie."
"Dan moet jy dit baie geniet om te vermaak met musiek en 'n paar lekker stories om die kampvuur! Net die man wat ons soek!"
"Nee Oom, eintlik is ek baie teruggetrokke."
"Jy het nie 'n geweer nie, jy skiet nie, jy drink nie en nou is jy nog skaam ook … Vir wat bel jy my dan die tyd van die nag?"
"Ek bel net om vir Oom te se ek gaan nie saam nie …"
Watkykjy staan op 3,084,461 post views in totaal sedert 1 November, 2019.