Dinge gebeur mos op 'n fokken weird manier. My een china, Mot, doen so bietjie graft in Botswana en die arme lummel moet elke naweek deurskiet South toe om vir sy stukkie te kom kuier. Ek en KT besluit toe om die laaste naweek in Junie by die blaar te gaan turn skiet om Zamalek in Pula aan te kop. Toevallig bel Die Ben vir grifF en vra hom om so bietjie vir Oppikoppi te gaan graft in Gabs by so charity heeldag-sokker-heeldag-bands gig. Ek laai toe die puters en ons klok Vrydag 12:45 uit Snor City om die 365km uittog aan te pak. So stuk of veetig k's voorie borderpost klap ek 'n speedtrap 109 in 'n 80 zone. Natuurlik lê my liksens nog by Waltloo se kak kantore om afgehaal te word, maar disse fokken ander storie. Die oorgewig koeltekont met die rooi Jopie Adam baard tune my: "Verstaan jy Afrikaans?", waarop ek antwoord: "My naam lyk bietjie weird, maar ek is Afrikaans." Heel ingedruk deel hy my mee dat my paspoort sufficient is en dat hy my fine van R300 sal gippo na R100 toe as ek belowe om dit onmiddelik by Nietverdiend se polies stasie sal betaal. Die fokken ding lê nou nog in my kar. KT vat toe maar die stuur oor en by die borderpost hoes ons 10 Pula om die voorreg van Gabarone se paaie te geniet. Ek verklaar ook fokol, want anders het ons nogge halfuur daar vasgesit. Na so twintig minute, veertig donkies en honderd beeste kap ons broadie by Mot se possie en ek moet onmiddelik sokkerstadium toe fok om alles uit te check lat Saterdag soos stroop kan loop. Kon nie eers fles vat nie, want daar word ge-graft. Saterdagoggend skop dinge vroeg af en hier teen tienuur is die helfte van die Tswana's goed ge-hoenderkop. Die Orange Charity Cup word sommer alles in een dag gedoen. Dieselfde teams wat poesmoeg is, speel sommer teen mekaar in finals en semi-finals en tussenin speel die bands. En het nog nooit so baie stretchers in drie matches gesien nie. En fok, kan daai Tswana's vir jou dop wegslaan! Elke keer as hulle team opfok of die ref skeef kyk, laat lees hulle met bottels, glase, vol blikke bier, hulle lunch of enige iets wat hulle in die hande kry. Ons moes fokken koes virre vale. Nie net het hulle ons bakkie se windscreen raakgepoes nie, maar ook een van die dansers van T-Joint teen die kop geëet met 'n bottel Amarula. Needles to say, is hy met 'n ambulans huistoe. Security was ook half deurie kak, want 'n Tswana het op die veld gaan dans sommer so tussen die bandmembers met 'n broek 4 keer groter as die Heer se genade. Hy was fokken horing gekletter. Hy was ook nege jaar oud. Na die final match het die crowd fokken hectic geraak. Daar was twee rival stands reg langs mekaar en dié het mekaar met bottels begin eet. Hier het ek respek virrie bra's. Hulle sou enige respectable klipchucker van S.A. laat rooi word van skaamte. Hierie manne gooi laat dit lyk soos die fireworks show wat ek in 2000 in Sydney gesien het. Die riot squad het die mense tot bedaring gebring en die sokker grounds was 15 minute na die laaste match klaar is, dol fokken leeg. Toe fokken sit hulle die spreilaaits af terwyl ek oppak en hulle sluit die hekke terwyl my kar vir my buite staan en wag. Maar grifF was bly, want ten minste het hy die bokke se kak rugbymatch gemis en sy kar wat nie gesluit was nie, was veiliger as wat dit in Hatfield sou wees op 'n sonnige Sondag. Dit klink dalk weird, maar afgesien van Zamalek chucking is daar wedersydse respek en die crime rate in Tswanaland is heelwat laer as Randal van Idols se IK. Eventually kry ek my kar en ek, Mot en KT gaan verf Gabs se strate rooi by drie verskillende clubs en praat kak met die locals wat gaaf genoeg is om ons met ons drank te laat uitslinger. Terug by die posse klap ons sommer 'n bottel rooi en toe word ek Sondagoggend vyfuur wakker met die rooiwyn oor my klere en beddegoed saam met die kos wat ek die vorige middag ge-graze het. Mental note to self: Moenie weer dodgy peri-peri hotdogs koop by sokker matches in Gabarone nie. Ek het toe maar net so met my klere in die bad geklim en die gemors afgespuit. Dit was eers so 60km binne die S.A. grens dat ek die wiel by KT kon oorvat nadat ek 'n veltie gemaak het en my gat met 'n ou payslip afgevee het. Van nou af ry ek altyd met payslips in my cubbyhole. Wat word benodig virre naweek trip Tswanaland toe:
|
Watkykjy staan op 3,092,709 post views in totaal sedert 1 November, 2019.