Ahoi Ek skryf vanaf 'n fokken warm plek in die middel van die woestyn. Ja du-bai or not du-bai. Die land van kamele, mamma ninjas en manne met wit overalls en fanbelts om hulle koppe. Waar elke tweede week een of ander shopping festival is.
Laat ek julle ouens en mammas vertel, as julle dink SA se traffic is kak, wel waardeer dit. Ek het nog nooit stampkar gespeel soos hier nie, die manne kan net vinnig in 'n straight line ry. So paar van die ouens, voeg 'n paar mm reen by (gebeur net so vier keer 'n jaar) en so bietjie sand en jy het 'n groot fokop.
Ja lyk soos iets uit die movie "Terminator". Een dude by die werk het sy kar drie keer op een dag gestamp. Hehehe. Toe voor ek my kon kry vra ek hom toe later: "Wat doen jy die Saterdag?" En hy antwoord toe ewe opgewonde "Nee niks". Ek sê toe wel kom dat ek jou fokken leer bestuur. Ja sy gesig, wat kan ek sê die Arabiere het obviously nog werk nodig in die humor afdeling.
Om expat te wees is nie altyd so cool nie, letterlik! As dit so 45 grade word dink ek aan 'n lekker warm Saterdag, rugby en koue Castles waar 'n mens eintlik buite kan staan al is dit warm maar jy kan ten minste asem haal en die huis se vensters wasem nie op nie.
Daar is dit die kort en kort van Dubai – bling bling.
Dis lekker om die stuff op die site te lees, wie wil nou na 'n boring expat site toe gaan as jy net watkykjy kan check en vinnig tuis voel.
Nway laat ek my dinge doen, more is dit al weer ek en die Arabiere.
dub-dude
Cheers
Watkykjy staan op 3,073,789 post views in totaal sedert 1 November, 2019.