Wat vra ek julle, met trane in my gerookte rooi oë, is fout met vleisiebraai? Meestal niks nie . maar somtyds net somtyds dan raak jy skoon huilerig as iemand net "Blitz" sê.
Soos almal van ons (Suid-Afrikaners) word jy gebore met 'n braaitang in jou hand. Jy het al vergeet hoeveel keer jy jou vingers verbrand het as 'n aspirant braaiertjie, en het al tel verloor met hoeveel keer jy in die bed gepieps het na jy te lank met 'n stok in die kole gekrap het. Selfs as volwassene het jy al jou fair share disasterous braaisessies gehad – meestal waar drank en dwelms involved was. Daar was byvoorbeeld die keer met my verjaarsdag toe ons baie laat na die rugby eers die vure aangesteek het. Al die pappas het lekker vles gevat en die vlamme het nog skaars bedaar toe sit ons al die hoennerkie op. Na wat soos ure gevoel het (actually 10 minute) het al die watkykertjies die hoender laat les opsê en nie in die donker gesien dat dit nog medium to rare was. Ek het die volgende oggend op my comedown langs voedselvergiftiging wakker geword terwyl ek gekyk het hoe bra grifF se linker oogbal die heeltyd ompop en na die binnekant van sy kop probeer kyk. Beide ek en grifF was ewe uitgefreak hierdeur maar dit het ons vir ure lank geamuseer. Die vorige aand het ons natuurlik ook die sitkamer meubels in die reën uitgedra om plek te maak vir die springkasteel wat ons gehuur het. Die wall-to-wall Hasiekasteel in ons sitkamer het gesorg vir 'n paar bruised bene, 'n gekraakte rib en 'n gebreekte kombuistafel. O nee ek vergeet, die tafel was net CHopper wat 'n dare gevat het om 'n bottel chilli olyfolie te down. Hy't die bottel getiep en toe soos 'n sak patats gedrop op die kombuisvloer. Die chilli het teen die spoed van lig deur sy bloed gewerk, die regte lever in sy brein getrek – wat op die beurt vir die nerve endings in sy voet gesê het om die kombuistafel fucked te skop. Lessie: Moenie vir CHopper in fase 4 dare nie. Ek het vroeer die aand al gesien daar kom probleme toe ek vir hom sê om saam met my 'n paar CDs te gaan spin en hy't gedink ek sê CD's teen die muur gooi. Honest mistake. Soos almal het ek ook al probeer braai met nat-hout – wat na 'n liter petrol, droë-hout word en dan 'n gat deur die landlord se kruiwa brand. Die gevolg is 'n kilogram witwarm kole wat op my kaalvoete val en 'n blaas so groot soos Steve Hofmeyr se selfbeeld kompleks. Almal het natuurlik lekker gelag oor die comedy of errors. Dit het my baie beter laat voel. Of wat van die alombekende familiebraai. Die een waar daar agt verskillende tipes aartappelslaai is. Dis laatmiddag en jou Oom wat prone is tot epilepsie en nie mag rooiwyn drink nie staan soos The Karate Kid op julle tuisgemaakte duikplank. Hy pull 'n Bruce Lee tigerkick terwyl hy UB40 se "Red Red Wine" sing en die water tref met drie van jou pa se broers agterna. Na al die koebaais gesoen is en die ambulansmanne ook huistoe is met aartappelslaai en sausage rolls in servetjies toegevou, kom jy agter jou nefie het die hekkie oopgelos en jou hond het op jou fiets weggery want albei is soek. Waarsy soekhom soekhom . So 'n vreemdeling in die land van dodgy braais is ek beslis nie. Wat's fout met vleisiebraai? Wel in Engeland is als van die vleisie tot die braai fout met vleisiebraai. So kom ons begin met die vleisie shall we? In London kry jy nie braaivleis nie, jy kry nie boerewors nie, al wat jy kan braai wat naastenby dieselfde proe as back home is hoender en eks deesdae bietjie alergies vir salmonella anyway. Ja daar is SA shops hier en ja jy kan boerewors koop vir £40 'n kilogram maar dit proe nie dieselfde nie. So kom ons kyk wat braai die mensies hierso . mmm varkworsies (die tipe wat jy vir brekvis eet met meel en water in om dit groter te laat lyk) en burgerpatties (die tipe wat jy by Pick & Pay koop wat 5% vleis is en 90% soya – die oorblywende 5% is 'n surprise). So daars 'n probleem met die vleis al klaar maar kom ons steek maar die vure aan en kyk of ons iets kan praktiseer. Toe ons by ons nuwe flat ingetrek het in Londen was ek moerse bly om te sien dat ons 'n tuin het vir vleisiebraai. Ok ek sê "tuin" maar dis meer soos 'n patio. Ok, ek sê "patio" maar om eerlik te wees is dit 'n 1.5 x 0.5m balkon buite ons kombuisdeur en ons is op die eerste verdieping. Dis fine scheme ek, en ek koop vir my 'n top of the range miniatuur Swedish designed Hitaki braai vir £3.99 by ASDA. Moerse bargain scheme ek en begin die ding assemble. Niks van die skroewe pas nie en daar is 'n pan waarin jy moet kole maak wat lyk soos daai disposable melktertpanne van foelie. Ek kon nie gewone charcoal kry nie maar besluit toe om ekstra geldjies uit te haal en 'n pak Sainsbury's braaikole te kry wat nie firelighters benodig nie. Daars nie tyd vir sukkel nie. Ek moet in die kombuis sit en die vuur aansteek want daar is nie plek vir my en die braai op die balkon nie, maar sonder moeite light ek die sakkie kole. Pa se groot seun. En met die, is die spreekwoordelike vet op die vuur . Die vlamme brand meters hoog (veels te groot vir my braai) en al my rankplante skroei dood. Ek skrik my gat af en hou maar 'n glas water naby om die vlamme te tem. Elke keer as die vlamme na my toe gryp dan dryf ek hulle terug met 'n koppie water. "SSSSHhhhhhh!!" Sê die water en die vlamme gaan staan in die hoek en skree terug "Rroooookk". Hierdie storie gaan vir so 10 minute aan dat ek nie meer my hand voor my oë kan sien nie. Die vlamme gryp weer na my en ek laat lees met die water. "rrrrrrooooookkkk!" skree die vlamme nou en klim uit my braai uit. Die volgende oomblik gaan die fokken fire alarm in die gang af. "Peeeeeuuuuw!!" skree die fire alarm en dis net rook en geraas waar jy kyk. Ek hardloop met die besem deur die huis en swaai na die alarm want ek wil nie hê die bure moet uitvind ons brand die buurt af nie. "Eina!" sê die fire alarm en val dood op die sitkamermat neer. Nou's ek die moer in en hardloop terug na die vuur toe. Dit rook orals soos ek my Hitaki braai bekruip met 'n emmer water. "Fokken vatshhhhooooo!!!" sê die emmer water en die vuur val dood neer maar nie voordat hy my vir 'n laaste keer in my wenkbroulose oë kyk, en croak: "Rooooook .". Ek gaan sit verlig op my gat maar daar is nou orals rook net waar jy kyk. En een vir een hoor ek hoe my bure se alarms begin skrou: "Peeeeeuuuuw!!", "Peeeeeuuuuw!!" "Peeeeeuuuuw!!" tot diep in die na-nag in. Watdefok is fout met vleisiebraai? |
Watkykjy staan op 3,074,319 post views in totaal sedert 1 November, 2019.