Partykeer is mens net nie lus om uit te gaan nie, maar jy's nog steeds lus om fles te vat en jou kop se ratte so bietjie te roer saam met jou cherrie. Julle park af by wat jy dink jou humble paleis is en jou chick skiem 'n hoernes is. Dit daar gelos. Ons almal was al baiekeer te dronk om te naai, maar nog nooit te jags om te drink nie. Dis hom, hierie een. Gevolglik die nca resep wat hopelik die twee sal kombineer en jou wolwiele se beirings ge-olie sal kry. Jy sal dalk net 'n draai by jou local Checkers moet gaan maak om van die simpel bestanddele te koop. Ek sien ook dat OK se deure weer oop is. Lyk my hulle fokken leer nie. Right, die drink wat ons vandag gaan bou staan bekend as Glüwein. Die grote meerderheid van Oostenryk is gewoonlik totally fucked op die goed oor krismistyd. Dit is presies soos Nuwejaar by Margate, behalwe dat dit 12 000 km uitmekaar is en die mense van Margate Castle drink, Afrikaans praat en total poeste van hulleself maak by daai zef club agter die Wimpy. Afhangende van jou level van dronkenskap, kan jy dit tand saam met pizza, garlic brood, butternut soup of bosmossel (in geen spesifieke orde). As jy nie elektrisiteit of 'n pot het nie, moenie verder lees nie, want dit het jy definitief nodig. 'n Pot oor 'n vuur sal ook graft (sorry julle outjies in Waterkloof – ons weet julle trek bietjie swaar). Bestanddele en so aan:
Poes alles in die pot en maak dit stadig warm. Moet om godsnaam nie lat die goed kook of borrel nie of bubbles maak nie, want dan is die alkohol in sy fuck you in en jy mis die hele punt van die oefening. Al die kak word nou lekker stadig warm en al die simpel bestanddele se flavours trek in die Tassies in. As jy al die bestanddele met vyf vermenigvuldig het, behoort jy nou net onder die sesliter se fok-my-kop-sop te hê. Sorg dat jou wasbak skoon is, druk die prop in en moer alles deur 'n sif in die wasbak. Op daai manier kan jy 'n draftglas vol skep elke keer oppad terug van die kakhuis af. Vir die outjies in Pretoria-Wes: Moenie mamma of pappa se duur kristalglase gebruik nie. Die goed sal bars van die fokken hitte en waarmee gaan pappa nou volgende maand julle se rent mee betaal? Dis reg. Mamma se lyf. Hierie goed laat jou behoorlik getrek raak omdat dit so warm is. Dit werk amper soos daai pistemperatuur Black Label wat jy by Oppikoppi klap elke jaar. Dit maak jou knieë lam, jou brein vol pers vere, jou lyf warm en jou goose vinniger. Moet dit net nie op 'n skoolaand doen nie. Dit kom op jou etlabkaart. |
Watkykjy staan op 3,084,146 post views in totaal sedert 1 November, 2019.