Soos die aarde om die son wentel en amper van sy eie as afpoes verander die seisoene. En dan word mense siek want hulle is te simpel om agter te kom dat dit kouer raak. Mense is mos lekker blind. Maar so gebeur dit dan dat jy een oggend wakker word en sien dat jou neus oor jou kussing gepis het. Of sorry, jou "deus" want dit is ewe skielik hoe jy "neus" uitspreek. Jy staan op en voel hoe jou brein saggies klots teen die dik slym en watteomhulsel wat in jou kop gaan lê het. En dan weet jy daar's kak. Jy het gotsiekte onder lede. Meanwhile is dit 'n fokop in jou liggaam waar teenligaampies verbete battle. Net soos in daai fliek "Enemy at the Gates" word jou ill-equipped soldaatjies die modder en sneeu ingestuur met te min guns of ammo, net die kleertjies aan hulle lyf, en nie eers soveel as 'n Marmite broodjie vir hulle moeite nie. Deserters word geskiet en in die spysverteringskanaal gedump waar nuwe rekrute oor hulle trap om by die fight uit te kom. G'n wonder jy voel so kak nie. By die werk traan jou oë, jou deus loop, jou trui se mou is al sif van al die afvee en jy sit die heeltyd en slym proe wat so by jou keel afdrup. Vet nice. Dan's dit maar dokter toe waar hulle vir jou soldaatjies backup voorskryf en jou huis toe stuur. Nou raak dit net sad. By die huis gekom shuffle jy gemaklik in ou kak pajamas in met kosmerke. Met 'n bersie byderhand krul jy voor die TV op waar jy kak flieks en dokumentêre goed kyk in die tussenposes waar jy nie trip onder die invloed van antibiotika, paracetemol, aspirien, kodien, kokaïen (of is dit net ek wat daarin glo) nie. Jy praat soos 'n dool (ek bedoel nool), jy lyk hiperkak, jy sukkel om adem te ghaal, jou oë is rooi, jou deus loop, daar's snot op jou bolip en jou hare is vuil en staan so weird omdat jy daarop gelê het heeldag. Teen die aand is daar al meer kosmerke en ander vlekke op jou "gemaklike klere" soos jy jouself probeer vermaak het. To no avail. Die gotsiekte is nie jou speelmaat nie. Dan vat jy 'n handvol pille, down dit met hoesstroop en skiet vir die bed. Genadiglik pass jy uit … of so dink jy. Deur die aand sien jy drogbeelde en hallusinasies soos jou brein verdrink in die vrot moerasse vol slym in jou skedel. Elke nou en dan word jy koorsagtig wakkergeruk soos die air strikes meedoënloos neerreën op jou linies teenliggaampies wat voortploeter in die middernagtelike ure. Dan's dit oggend, dag twee en dieselfde kak kom weer. Sleep maar daai bersie nader saam met die TV guide en 'n sak vol lemoene. Dit gaan 'n lang dag, nee week, wees. Niks gaan dit beter maak nie. Jy kan maar pille vat, jy kan maar rus, jy kan maar huil en skop en skree – jy's fucked. Nie eers drink help nie. Traai om jou antibiotika af te sluk met 'n paar biere. Nee traai, ek fokken dare jou. Jy sal trip, sure, maar dis soos om Oldtimer's of low-key narkose te hê. Mense praat so weird weird weird weird, echo echo echo en jy's naar, jou voete voel te groot en dan, ewe skielik, pass jy uit, gaan reguit tronk toe en word wakker in jou eie koorsagtige brein waar die mure sweet en die trollies se wiele vashaak aan die stukke vleis op die grond. Moenie sê julle is nie gewaarsku nie. Vat maar 'n warm dingetjie saam. O ja, en 'n trui … |
Watkykjy staan op 2,931,851 post views in totaal sedert 1 November, 2019.