Ek was so bietjie besig die afgelope paar maande, want 'n man is nie klip nie, hy moet graze. En om te kan graze moet 'n man brood op die tafel sit. Toe skiem ek om so paar besighede oop te maak. "Meneer, teen hierie afslag steel jy my kinners se kos uit hulle bord uit." Nouja toe, hier is die eerste drie van sowat 10 besighede wat op die been gebring het.
grifFin (die wêreld, in fact) se eerste Astronaught benodigdhede winkel (Starship Enterpraaizis) Al ooit gesit en dink waar al Amerika se astronaughts al hulle gear kry? Jy's verkeerd as jy dink dat dit NASA is. Hulle koop dit by my nuwe winkeltjie in Menlyn (reg langs Young Designers Emporium). Ons verkoop net die best of brand Kevlar anti-brand-jou-peester-af pakke, asook daai helmets waarmee jy soos daai outjie van "More is Nog 'n Dag" kan lyk. Corgi. Ja, dis hom. Fokken roomyskind. Ons handskoene is natuurlik ook brandbestand, dog laat dit ruimte (he he, ruimte) vir meer beweeglikheid wanneer jy Apollo 12 se handbriek moet optrek teen mach 17 wanneer jy daai irriterende asteroids moet dodge. Apollo 12 sal natuurlik ook teen 2004 beskikbaar wees by ons Menlyn tak by die rooftop drive-in. My winkeltjie is ongelukkig te klein om te veel stock te dra. En my stock is heavy groot. Kia verskaf die parte en Dove's reël die begrafnisse. Tant Betsie sal verversings reël en dominees Jamneck sal bid. Vir reën. Ons verkaf ook die 486 rekenaars waarmee die eerste pendeltuie mee opgestuur is. Ek kan ongelukkig nie te veel uitlaat oor hierie unieke besigheid nie want ek kan aangaan vir ure. Jy sal maar self moet gaan kyk, so laat jou voete geraas maak! grifFin se sekuriteitsmaatskappy (Woofles Sekuriteit, Benoni) Wat is nou beter as 'n hond om jou huis op te pas? Ek sal jou sê wat is beter. Veertig honde. By Woofles Sekuriteit in Benoni (net buitekant die race track) het ek so lappie grond gekoop. Brakgrond as't ware. Ek het 12 kampe gespan met bonnocks en flatwrap razors. In elk van hierdie kampe – nou moet jy mooi luister – het ek veertig honde. Fokken veertig, pappie. Dis nie juis die leerpakke en Uzi's wat hulle so skrik op die lyf jaag nie, maar die voice boxes. Ek het 480 van daai voice boxes uit Amerika af ingevoer wat Steven Hawkings gebruik. Oulike apparate. Moes drie terugstuur. Iets van transfugulators of iets wat aangetas was. Hoe sal ek nou weet. Ek is nie 'n mechanic nie. Maar kom sien vir julleself. Woofles Sekuriteit – Jy sal jou poes afskrik PAPPIE! grifFin se Bromponie en aflsag Wolscooter Mark Kyk, ek verkoop nie regtig wolscooter nie (want ek dink dit is teen die wet), maar ek het gedink as ek die woord "wolscooter" gebruik sal ek meer customers kry. Ek het nog nie 'n perseel vir hierdie besigheid nie, maar dis die beauty van die hele plan: Die pad is jou office. My niggie doen die papierwerk sommer daar van Woofels Sekuriteit (Benoni) af. Kom ek verduidelik: Een of ander fokken Japsnees het so stuk of tien jaar terug sulke 100cc bikes begin invoer na Nigeria. Okada is die goed se naam. Ek het al die Okada badges afgetrek soos wat daai yuppie konte met hulle 316 Beamers se badges maak. Jy weet mos hoe werk daai yppie konte: kry 10 grand 'n maand vir een of ander kak rep job, bly verniet by mamma en pappa en betaal ses grand 'n maand aan sy kar af. Die oorblywende vier word gebruik vir sy Edgars rekeninge en cheap drankies en Rohepnol vir daai simpel matriek meisies wat nie uitmaak van wegbly by Goodforfellas of Droppa's nie. God, nou't ek my punt verloor. O ja, my bikes. Ja, ek het die badges klaar weggemoer en het "Harley Division – Born in the USK" badges ook van Nigerië af gekry. Daar is fokken baie van die goed. Toe plak ek dit toe nou op hierdie 100cc bikes se petrol tanks. Ek het die bikes nie heel gekry nie. O nee, jy kry dit in dose. Dan assemble jy dit self. Nou gaan sit ek so van tien uur af op Vrydae oggende daar voor Affies se main hek. As daai bidklok lui, dans daai bokste leeg. Dan staan daar net drie blink Harley Division Born in the USK 100cc bikes. Nou moet ek die goed begin smous. Wat jy doen is, jy eye die laaities en die wat lyk of sal kan skoor soek. Dis hom daai. Die los cherries smaak ook van bikes. Dis daai meisies met die vuil hare wat hulle truie so oor hulle polse rek. Nou eye jy die laaitie net en jy tune: "Hey boetman! Is dit nie tyd lat jy jou eie wiele kry nie? Ek het honderd perrekrag wat net vir jou wag! Gaan tune pappa vir so agduisend koppe en hierie pony is joune." Dit werk nie onmiddelik nie. Ek het na twee maande darem al twee fietse verkoop. Maar die wins is wat jy soek. Een so bike skop so vyfduisend koppe se wins uit. Homefree! Volgenne keer sal ek die res van my besighede aan julle bekend stel. Ek is mos 'n besigheidsman. Mos. |
Watkykjy staan op 3,074,278 post views in totaal sedert 1 November, 2019.