Hieso is nog twee van my papreën-skep entrepeneur moves wat ek nou onlangs gepluk het. Met "onlangs" bedoel ek natuurlik toe die Rand nog 'n bulletjie was teen die anner currencies.
grifFin se Grype-Geleentheid-aan-die-eiers-blaaskans-fuckansies Mense bitch altyd lat hulle nêrens 'n ordentlike plek het om heen te gaan vir vakansie nie. Margate is te overpopulated met gabbas van Boksburg, Vereeniging, Springs en Waterkloofrif. Kaapstad is te ver en te duur en die mense praat en knip hulle oë te stadig. Daar is te veel toeriste en ape in die Wildtuin en te min regte diere soos daai kaal Chinese honde. In Mpumalanga lem die hotknifes jou omlat hulle skiem jy pack Dollars of Euro's. Fokken crims. Gelukkig het ek al eenkeer iemand hoor sê: "Ek sal dit nou moerse like om na 'n wildsplaas toe te gaan vir 'n week of so." Toe koop ek 'n wildsplaas net buitekant Harties en noem die plek "'n Wildsplaas". Entertainment uit die boonste rakke. Ons bring die stad na die plaas toe en harmonise dit. Daar's 'n moerse disco, 'n tenpin bowling alley, 'n moerse saal met al die ou kafee games, 'n dam met bumper jetski's, 'n mak koedoe wat jy plastic sakke en junkfood kan voer, en modderslides teen 'n koppie af. Dan het ons ook quad bikes, scramblers, 'n nudiste tenpin bowling alley, 'n ekstra dam waar jy met dynamite kan visvang, 2 put-put bane (een nude natuurlik), en 'n groot houtboks buitekant die karaoke kroeg met so sloot in vir voorstelle en diensratings. Elke Saterdag so teen twee uur se kant hou ons 'n kameelperd spitbraai vir R150 'n kop, drank ingesluit. 'n Wildsplaas – Jy sal nie 'n fok rus nie! grifFin Enterpraaizes, Interga-lakteer (die Maan) Baie van julle het seker nou onlangs in die Beeld gelees dat jy nou 'n stuk grond op die Maan kan koop. Omdat dit grifF se planeet van herkoms is, het ek besluit om vir my 'n lappie grond aan te skaf. Ek het 'n klein stukkie grond gekoop vir R285 en drie Lewenstylblokke vir R1445 elk. Die beste deel: daar's fokkol levy of property taxes want daar is fokol infrastructure of maintenance of simpel fokken landlords uit Bulgarye. Omdat ek so lanklaas self daar was, weet ek ongelukkig nie presies waar die stuk grond is nie, met ander woorde, een of ander doos kan nou gaan squat op my stuk grond. Maar ek het die probleem opgelos. Die Chinese is mos oppad maan toe so ek kan twee vlieë gelyktydig poesklap: hulle kan sommer 40 van daai kaal miniture honde vir my saamvat met 'n rol bonnocks en flatlap razorwire. Ek hoef net die leerbaadjies en die Uzi's by hulle uit te kry en hulle sal die res doen. Gelukkig kan ek my Corgi ruimte helmets modifaai om virrie brakkies te pas, so daai probleem is ook gesort. Tien jaar van nou af lag ek al die pad bank toe as ek my maanproperty verkoop teen belaglike hoë pryse, sowat R10 mil elk. Dan koop ek lottery kaartjies van al die geld, wen die Lotto en gebruik die R100 mil lottery geld om al die 1993 model Uno Fire 1100's te koop en uit te voer na Nigeria. Dan tree ek af in Bloemfontein. Volg my raad, koop vir jouself nou 'n stuk grond op die maan by Lunar Properties (Australië) terwyl dit nog so cheap is. |
Watkykjy staan op 3,073,871 post views in totaal sedert 1 November, 2019.