Deur Alibaba
Onderstaande is die mees klassieke resensie wat ooit oor 'n Afrikaanse CD verskyn het. Dit is so weergaloos dat dit nie in die vergetelheid mag verskiet nie en in die annale opgeteken moet word. Dit is geskryf deur Christiaan J de Swardt en het op 4 Desember 1998 in Keur verskyn. Die resensie is oor Philip Moolman se CD Album.
Die 15 oorspronklike komposies op dié album is Philip se eie skeppinge; uiteenlopend in genre, aanslag en inslag. Maar dieselfde inkyk-emosie, buitebewuswording en, veral, stiltes (wat soos foto's in 'n album lééf en swyg) loop regdeur en reik deur die uitspansel. Hy gooi spoelklippies in die oseaan van die lewe, bevrug die honger kern en dan ontlaai die swanger stiltes in verhewe ekstase. Philip toor met guitige speelsheid, fyn humor en vlymskerp sosiale kommentaar waarin die traan met die lag 'n druppel gal word. Onder guitighede ruk hy binnegoed sonder chirurgiese handskoene uit.
En dan: die liefdesballade 'Liefde' is woordeloos verruklik; die verwerking, orkestrasie em ineenvloeiende engel-eggo's verlei soos 'n tergende nat T-hemp wat na omhelsing smag.
Woorde ontgaan my.
Watkykjy staan op 2,931,653 post views in totaal sedert 1 November, 2019.