Mense smaak nou maar eenmaal karre. Van die vroegste dae wat daai weird padda-oog Fords uitgekom het maak homo sapiens uit van 'n ryding. Once.
Maar net hoe ver is jy bereid om te gaan vir jou cabbie? Het jy wat dit vat om werklik te bewys dat jy iemand is wat uitmaak van jou wiele? Kan jy die hom in die rooi druk? Is jy 'n playa of 'n fool? As dit kom by "rev-rev poes-poes" watter een is jy? Kom ons help. Eerstens moet jy besluit op 'n kar. As jy jonk, opvlieënd en trendy probeer wees kry 'n hatch. Kannie verkeerd gaan nie. Verduidelik dit aan mens as "Jy weet dis net ek, en partykeer my meisie / ou. Ek het nie al die spasie nodig nie." Hulle sal weet jy is vol kak. Die warm hatches is maar die Corsa en die Polo. Die CitiGolf is sooo laas week, die Citroën is poeslelik en die A3, Peugeots anner goed is onbefokkenkostigbaar. Ek ry 'n Fita Palio – underestimated hatch van ons tyd. As jy meer net laid back is, of 'n sneeudier skiet vir 'n sedan. Die reël hier is "Hoe langer hoe beter". Nuwe sedans is maar kort so jy gaan meer moet doen om hierdie outjies op te jazz. Ek skiem gaan eerder vir die hatch. As jy 'n stasiewa het, kry vir jou 'n bier oppad uit. Jy wil mos nou nie fokken saamwerk nie. Ouderdom maak nie soveel saak nie. Soos met mense is dit die myle en nie die jare nie, wat tel. Van die ou karre tune juis befok op en jy's nie so jammer vir hulle nie. Maar as die body putty meer as 50% van die bakwerk uitmaak begin maar dink aan verkoop. Iemand op die Oosrand kan daai outjie beter gebruik. As jy nou jou kar het moet jy daai enjin tune. Jy sien, standaard enjins vandag doen nie meer wat hulle moet nie. Hulle versnel te stadig, hulle kazozpype is heellemal te klein, hulle raas nie genoeg nie, hulle rev te laag – ag man dis eintlik 'n fokop die nuwe karre. So begin met die enjin. As jy geld het skiet uit na iemand soos Steve's Auto Clinic. Anders moet jy maar daai backyard mechanic vriend met wie niemand wil praat nie nader. Virre begin looi 'n Stage 1 conversion met Weber racing carbs en 'n freeflow. En tune daai enjin. Die tuning is instrumenteel laat ek jou sê. Moenie by my kom huil as "Simply the Best" jou gewen het daai aand in Voortrekkerweg en nou's jou squeeze sy persoonlike lapdancer nie. Tune jou fokken enjin pappa. Luister vir my. Nou dat die enjin honnerd bedonnerd is wil 'n ou aanskuif wiele toe. 'n Man wil darem op die pad bly teen kakspoed. (Ouens met Uno Turbos los hierdie deel uit, julle karre kan in elk geval nie op die pad bly nie.) Mag rims is 'n moet. Die ideaal is dat 'n ou hom uitry by die dealership met 'n paar lemme op wat skrik vir fokkol. Andersins gaan pas vir hom aan daai eerste naweek wat jy nie nightshift klap nie. Jy kannie verkeerd gaan met 'n paar 17 duim lemme nie. Ja, 17 duim is groot maar dit lyk dan beter op die klein hatches. Geen kar verdien om op 13 duim wiele te ry nie. Baie gevaarlik. Dodelik selfs. Met die 17 duim mags gaan jy anner tyres norig. Die reel hier is eenvoudig, hoe dikker hoe beter. Probeer laat die tekkies nou nie 'n voet en 'n half langs die kar uitstoot nie, maar hy kan so bietjie breër wees. Kry sommer Firestones met daai nice design oppie tread. Nca. Nou wil 'n ou die suspension drop. Lower die kar deur anner shocks op te sit. Baie goed vir padhouvermoë. Net karre wat baie laag is corner asof hulle op rails is. So drop die kar, en sommer daai fokken houding ook. En haal bietjie daai kuif uit jou fokken oë uit. Jissis man, word bietjie fokken wakker. Blerrie doos. Tint nou jou vensters. Sommer vir cool lyk, sonbeskerming en anti-hijack. Dink daaraan as jou kar se shades. En lekker kan jy inlê in die agterseat by die Menlyn inry terwyl 'n familie langs jou probeer Jim Carrey kyk. Vir die agtervenster soek jy 'n banner – iets met 'n profound saying soos "M3 Hunter", "The Bold & the Beautiful" of sommer "Jou ma se poes" as jy in Pretoria-Noord bly. Na jou vensters getint is moet jy bubbles bysit. Standaard op enige modification. Dit lyk befok, keer die wind as jy met die venster oop na jou tunes luister en mens ash blykbaar ook makliker by die venster uit. Bubbles is 'n must-have. Die binnekant van die kar soek mainly sound. Sit so twee amps in (Jensen is piele) en speakers waar jy hulle kan inpas (baie plek onder die agterseat en in die deure). Rule of thumb: As jy daai 50 Cent track so hard jol behoort jou hatch se agtervenster so in en uit te ruk op die beat. Anders kort jy nog amps. Jy kan ook anner props binne gebruik. Iets wat van die spieëltjie hang is nice maar wees uniek – die furry dice en bandana is al gedoen – en kry iets soos 'n CD, krale, 'n plastiek pistool, 'n Barbiepop of so iets. Ek het 'n discoball. Honde wat se koppe knik op die dash (knikkerkeffertjies noem Skipper Glen dit) en 'n goue tissuebox vir die agtervenster is ook nogal flaai. Nog net die body wat oorbly. Mens kry body kits vir meeste karre wat sommer al die skirts, fins, spoilers en drukvlerke cover. Disse nice begin. Na dit wil 'n ou bietie personal touch add. Bietjie TLC vir jou shweet mama jy weet. Wees kreatief hier. Smooth van die kar se kontoere uit met body putty, sit weird nommerplate op, kry 'n pers lig wat onder die kar op die pad skyn of verf die boonste deel van jou windscreen en sit die kar se naam daar op. Chroom werk nice vir petrol caps, air vents lyk bevange op die bonnet, kry moving liggies op weird plekke, cool stickers soos "Bad Boy", "No Fear", karakters wat zaps gooi, snaakse sêgoed – dink aan die bakwerk as jou canvas. Stort jou hart uit. Staan nou so bietjie terug en check hom uit. Huh? Huh? Pa se grootseun. Kyk ek weet dit kos baie geld en mens betaal nog die kar en nou's die yskas ook al weer fucked en die kinners is honger. Hey, ek weet daarvan. Ek verstaan. Maar 'n ou se kar is sy kar issit nie? Jy het 'n verantwoordelikheid as jy daai dag die sleutels aanvaar. JY gaan eendag moet rekenskap gee. Have a heart. |
Watkykjy staan op 3,056,062 post views in totaal sedert 1 November, 2019.