Jaar: 1986
Met: Sigourney Weaver, Bill Paxton, Paul Reiser, et al.
'n Ongoing battle tussen baie vriende is oor watter Alien movie die beste is. Na die laat sewentigs Ridley Scott original het tannie Sigourney 'n paar keer return om aliens op te fok as Ripley. Believe it or not. Die sequel (wel, die eerste sequel) is seker my favourite, juis omdat dit 'n cool blend van cheese en decent alien aksie regkry. Met komplimente van director James Cameron (Terminator, Titanic, ens).
So wat het ons hier? Tannie Ripley word gekry waar sy in die buitenste ruim ronddryf. Sy is die enigste survivor wat die aliens laaskeer outwit, outlast, en outplay het. 'n Tough cookie, maar sy's bietjie uitgefreak toe sy bykom 57 jaar later – veral toe sy hoor daar bly nou mense op die planeet waar sy was.
Toe Die Company (sien julle die sosiale kommentaar?) kontak verloor met die kolonie, suspet hulle foul play. Hulle stuur vir tannie Ripley en 'n lot windgat Marines om te gaan gat skop. Ook aan boord is Paul Reiser as die slimy, corporate ou. Seker in marketing of sales. Paul Reiser is nie lekker nie.
Die marines is fokken snaaks, die tipiese hard-talking, motherfuckin' dose wat hulle altyd is in aksieflieks (en in Irak). Hulle wil net ass kick en pussy hê en mekaar se backs watch en sulke kak. Die hele tyd. Een van hulle is particularly windgat – ene Bill Paxton of Private Hudson.
Hulle strike die planeet LB-426 met meer selfvertroue as die Bokke voor die Ierland game. Daar aangekom kry hulle amper fokkol – wel 'n klein dogtertjie wat hoogs uitgefreak is (Newt). Tannie Ripley besluit sommer dadelik om na die kind te kyk want haar eie is dood tydens haar ruimtelike omswerwinge. Mostly omdat sy 'n tannie is. Mostly.
Dan begin die fight. Dis weer die weird gediertes wat acid drool – die aliens – en die keer is daar fokken baie van hulle.
Baie van die marines kak af, en private Hudson bitch en moan die hele tyd. Dis seker die beste deel van die fliek – om te hoor hoe hierdie hardegat skreeu en te kere gaan van banggeit. Nee dude.
Naby aan die einde kry hulle die Tannie Alien wat al die vieslike gediertetjies baar. Sy's bietjie useless omdat sy so dik is en sy en tannie Ripley dreig mekaar met wat regtig saakmaak vir tannies – hulle se kinners. Dan kom tannie Ripley-hulle weg (sjoe) en die stupitte android wat eintlik 'n hart het offer homself op en pshioeuuuu… is tannie Ripley-hulle weg met die Newt kind en een of twee quivering marines.
As die volgende movie begin (Alien 3) dan kak Newt en die anner onboard, so tannie Ripley wen weer die miljoen. Tannie Ripley. Outwit. Outlast. Outplay. Verseker.
Hoogtepunte:
- Quotes: "What the hell are we supposed to use, man? Harsh language?", "They mostly come at night. Mostly", "Game over, man! Game over!", en "Get away from her, you bitch!". Ook enige iets wat private Hudson skree in vrees.
- Tannie Ripley: Hot damn, die tannie kick ass. Plus sy lyk nie so eighties soos meeste tannies van daai tyd nie. In sci-fi kan mens met heelwat minder make-up en donkerder mans klere wegkom. Which is good.
- Private Hudson: Die comic relief van die fliek. Picture hom in Irak en dis nog beter. Blerrie loser.
- Die birth scene: Ja, lekker met die aliens geneuk nê tannie Ripley. Wat's daai in jou pens? Eeeuuuu, disse klein alientjie. Siesa.
Ag daar's eintlik baie meer hoogtepunte want dis actually nogal 'n cool fliek – as jy van sci-fi hou. Dis net nogal stadig op plekke so moet hom nie laaste kyk nie, want jy kan aan die slaap raak voor jy by die einde kom. En dan het jou buddies klaar al die popcorn gechow en die kamer ruik so sleg van popcorn en bierpoepe. Rrrrrttt!
Watkykjy staan op 3,118,586 post views in totaal sedert 1 November, 2019.