Karkoop is nie perdkoop nie. Waaroor ek bly is, want anders moes ek hierdie koue wintersoggende die highway klap Midrand toe op 'n ou skimmel hings met 'n skommelmaag of so iets dergeliks. Nou as 'n kar so hier by die twintig jaar kerf kom dan word dit tyd vir 'n jong man soos myself om maar die ou dier vaarwel te roep en 'n patroon deur sy blok te sit. So kom dit toe ook dat my faded rooi Corollatjie moes deurbreek na die Groot Trop toe. Na drieduisend rand se regmaak in twee maande besef ek dat ou Jimi (dit was hom naampie) nou iemand anders se probleem moet word. Fok dit, besluit ek, ek koop nou nuut. Het mos 'n werk, aansien in die gemeenskap, 'n goeie opvoeding en als. En dis mos lekker om nuwe goed te kry. Mos. Veral as jy die CAR magazine koop en die goed se pryse check. Jissis pappie, dis groot sjeld wat ons praat hier. Dan gaan jy maar bank toe, trek jou broekie af en buk oor lat hulle hom insit tot agter die eiers. Eish, nie so nie pappa. En die ergste ding is dat mens elke maand moet terugkom en buk vir ses diepes. Banke is nie jou fokken speelmaat nie china. Maar jy sluk dit maar af, dink aan beter dae en gaan deur met die ding. Nou moet jy daai ou gestampte rooi (nee, bruin nou) vintage karretjie flog vir 'n 10% deposito. Hah! Strike drie ou grote. Nie so vinnig nie. My kar is so fokken oud geen dealership wil hom nie eers intrade nie. Plus die scaly ouens wat wel die kar sal vat bied jou amper fokkol aan. Fokkenell. En nog steeds ploeter mens voort met gierige dealers en glyjakkalse en bel rond vir pryse van dienste en lees road tests en vat karre vir spins en bel jou pa en hy sê koop Volkswagen maar hulle steel die fokken goed vrot en die mense by jou werk se Renaults breek en Toyotas is overpriced en lelik en jy wil nie Koreaanse kak hê nie. Na 'n week se kak slaap en wakkerword met visions werk toe loop vat jy die plunge. Ek kry vir my 'n uit die boks Fita Polio 1.6 met die fokken werke. Noem 'n ekstra en hy's daar pappie. Uiteindelik word dit dag om die kar te loop haal en ek JAAG my pere af van Midrand af Pretoria toe. Net voor die garage fok my Corolla liederlik uit en begin ruk, rook en water spuit en olie pis. "No fucking way!" dink ek terwyl ek en die Engen dude water orals op die oliebevlekte enjin gooi. Gelukkig vat die tweedehandse kar dealer vir Jimi (seized engine notwithstanding) en ek teken my lewe weg. Mene mene tekel ifarsin. My ass is teen die muur. En ek ry weg met Bon Jovi wat poeshard speel op my nuwe CD player in my nuwe kar wat eintlik aan die bank behoort en vir vyf jaar gaan maak dat ek nie meer op werksdae kan dronk wees nie. Selah. |
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.