Julle het die bal by die hare met hierdie storie, of hoe sê 'n mens nou weer? Die bul by die horings … nee dit klink te lelik.
Wens dat julle dit vir Rudolph Strauli wil e-mail … en sommer print vir al daardie mannetjies wat sulke gehighlite hare het en so aan.
Moet vir julle sê ek is maar net 51 en het 'n Britse boyfriend wat op 'n stadium in Engeland rugby gespeel het en toe Suid-Afrika toe gekom het. Sê hy vir my die hardste games wat hy ooit gespeel het was vir Yskor hierin Vanderbijl as hulle so teen die Boksburgse en Germistonse ouens gespeel het. En dit was nogal vir Yskor se eerste span. Julle moet weet hier in Vanderbijl was dit net so onder die Springbokke gewees.
Hierso in die Vaaldriehoek is die velde hard en hier is ook sulke plotskole en die Tek. Mens praat nie hier van 'n tegniese skool nie … nee, dis die Tek!
Groete julle en ek is mal oor julle sait.
Ek het nooit self rugby afgerig nie … is nie 'n kokkelol of 'n jamtar nie. Net so 'n trappie hoër: onderwyseres op Vanderbijlpark.
Trudi Roos
Watkykjy staan op 3,056,060 post views in totaal sedert 1 November, 2019.