Mense kan partykeer of desperaat of stoopid of gullable wees. John Edward se studio audience is sommer al fokken drie saam. Hy's daai simpel mamparra op SABC3 wat so lekker met die china's praat wat lepel innie dak gesteek het en dan kamtig die gees kan relate tot iemand in sy studio audience. Tannies wat te veel die Huisgenoot en People magazine lees sal natuurlik dieselfde van hom sê as wat hulle sê van David Copperfield: Hy't plastic oë. Mense doen fokken desperate goed vir ratings. John Edwards het sommer eenkeer die producer ook getune van 'n oorle oupa wat wil geraas maak oor een of ander fokken simpel koffiebeker wat die ou as laatie gebreek het. Dis nou wat jy kry as niemand met jou TV recording wil saamspeel nie. Trust grifF, hy weet. Was mos so week of wat terug by Casper de Vries se eerste recording virrie nuwe Casper Rasper reeks. Een scene moes twee keer gedoen word. Toe die drag queens die eerste keer uitgedans kom, het die audience net gestaar. Die tweede keer is daar onwillig hande geklap en wolwefluite uitgedeel. Seker net omdat almal se gatte al aarbeie gesit was. Anyway, John Edward werk seker maar oppie selfde prinsiep. Dis net minder snaaks. Jy kan darem kots as daar advertensie breaks opkom. Hy begin gewoonlik deur een of ander vibe op te tel van die audience af en dan kom daar letters of gesigte of demone na hom toe. Fok weet. "Ek sien iets met my kleine-kleine ogie en dit begin met 'n P." Dan raak een of ander poedelagtige krimpie in 'n bril wat lyk soos die Hubble Telescope opgewonde en skree: "Dis my tweeling poedel sussie wat verlede jaar gecross het." Dis nou hier waar dinge min of meer handeklapkerk se rigting toe staan, want dan kom die faktapste tekens deur. "Ja, julle het heavy vleisie gebraai en toe kap sy ewe skielik om van kanker. In haar ass. Maar moenie worry nie, sy wou jou net berispe oor daai een keer wat jy gatseks gehad het die bure se oupagrootjie in die greenhouse regs langs die rooi hondehok links agter in die tuin." Stilte. Dan steek 'n ander simpel bitch haar hand op en tune: "Ek dink dis iemand wat vir my deurkom. Ons bure het so greenhouse en hondehok gehad." En dan fokken loop die trane en asems word ingetrek en daar word ge-oe en ge-aa. Om nou nog sout in die geïndoktrineerde audience se wonde te bliksem laat hy sommer nog mense deur: "Daar is ook 'n ou vrou met 'n kat op haar kop en 'n budgie op haar skouer met sulke opgooi op sy snawel wat 'n sigaret rook." Verbaas kyk die simpel bitch vir John aan: "Ja-ja! Dis reg dis die oupagrootjie se aangetroude niggie! Sy het so budgie en so kat gehad. Wat sê sy?" Moerse asof John Edward konsentreer, pause hy vir so rukkie om spanning te skep en sê uiteindelik: "Sy sê dat sy gaan terugkom aarde toe een aand terwyl jy slaap. Sy gaan vir jou opfok. Die vision wat ek kry is een of ander tweeliter Cokebottel met 'n hosepipe en sulke yucky bruin goed wat uit dit drup." Dis nou vir jou donners goeie TV kykgenot. Toe nie. Dan kom die nabetragting deel waar almal hulle kak insae lewer tot wat presies nou eintlik aangegaan het en hoe fokken verbaas hulle was en hanna-hanna poes-poes. Gewoonlik het een van die verbaasdes wat deurgeloop het een of ander stukkie evidence wat hulle aan hulle dra wat toe heel toevallig nêrens in die show opgekop het nie. "Kyk, toe John praat van 'n ou vrou se nierstene het dit my onmiddelik herinner aan my seuntjie se albasters wat hy vyf jaar terug by sy maatjie by die skool gekry het na 'n vet banie agter die fietsloods. Hy het toevallig een van hierdie ghoens in sy broeksak gehad saam met sy kettie. Mag ouma Jaap-marie in vrede rus. Die blerrie ou heks." En dan wys sy die fokken ghoen virrie kamera met so lekker Merino skaap uitdrukking op haar gesig. En dan rol die titles. Dank god, dis uiteindelik tyd om te gaan piepie en te gaan slaap. "Crossing Over With John Edward" wys op SABC3. Van Maandae tot Donderdae so skuins na tien, met ander woorde: heeltemal te fokken veel. |
Watkykjy staan op 3,067,171 post views in totaal sedert 1 November, 2019.