Ruggas was nog altyd moer hard. Van jou eerste onner-nege game as jy in die middel van die winter 'n groot leerbal met jou kaal pote skop tot jou eerste gebreekte sleutelbeen op 15. Die badste games was gewoonlik by plotskole en tegniese skole. Die plotskole was gewoonlik te armgat om 'n ordentlike pitch te hê, so dit was gewoonlik net 'n stuk veld wat iemand se oorlede oom geskenk het langs 'n begraafplaas tussen bloekombome en beeste wat mekaar naai agter die pale. Een van die plotskole het 'n kraan gehad wat conveniently so vyf meter van die kantlyn aan die binnekant van die veld was. Halftyd was daar suur lemoene wat die skool self probeer groei het en natuurlik water baie handig naby. Ek onthou harde games. Ek onthou my neus wat op die bal bloei voor ek hom die skrum injaag, vriende se arms wat breek, en togg-merke op jou bene wat lyk of jy saam met griFF en Mot paintball by Warmbad gespeel het. Ek kan nou nog die vrees voel voor 'n tackle, die skaam net na jy met toe oë die bal wegmoer. Die slapelose nagte voor 'n game teen 'n tegniese skool, nagmerries oor modified toggs met skeerlemmetjies en skroewedraaiers in PT shorts. Dis 'n fokken harde game met geen genade … dis 'n gentleman's game? Dit het my nog altyd confuse. Daar is niks galant in die way wat iemand se rib deur sy long druk nie, of die manier waarop jy 'n ou se ballas aan die verkeerde kant van die skrum uithak nie. Ek het eers gedink dit het iets te doen met daai weird polisieman psige – waar jy appeltjies swaai en die bra na die tyd vir jou 'n Label koop en jou op die skouer klop omdat jy hom goed gepoes het. Maar sedert ek die laaste twee jaar op my working holiday is, het ek besef waar dit oorspronklik vandaan kom en hoe verkeerd dit is. Die ouens wat rugby speel in Engeland is anders as die ouens in Suid-Afrika. Hulle is werklik textbook gentlemans. In Engeland is ruggas uitsluitlik die game van die rykes, vir posh mense wat hulle kinders na public schools toe stuur. Dis ouens met floppy haarstyle soos Hugh Grant, wat op Oxford en Cambridge studeer vir 'n graad in brein chirurgie of rocket science. Dis ouens met name soos William, Benjamin en Johnathan. Waar is al die ordentlike name soos Pote Fourie, Boeta Dippenaar, Ulie Boelie, Os Durant en Kabous (hy kon fokof al het hy lang hare gehad)? Hulle is nie Meneer Joost en hulle besit nie 'n petrolpomp en workshop in Pretoria nie. Hulle is Lords en gaan uit met Ladies, hulle jag in hulle spaartyd jakkalse met perde en honde wat 'n kwart miljoen pond werd is. Hulle is popstars met 'n image om na te kyk. Hulle was nie veronderstel om rugby in die eerste plek te speel nie en nog minder om goed daarin te wees. So hierdie is 'n Wat Kyk Jy? aanmaning vir die Springbok rugby span. Julle eerste formele versuim om in julle huiswerkboekies aan te teken. Trek julle vingers uit julle holle uit en begin speel. Ek vra met trane in my bloedbelope oë dat julle keer dat Engeland die World Cup wen. Doen dit vir Mannetjies Roux, vir Frik du Preez en vir Danie Gerber. Maar bo alles doen dit vir elke plotskooltjie in die land waar kinders op etter harde grond neer slet, hulle bene verloor van giftige duwweltjies met krane in hulle oë. |
Watkykjy staan op 3,047,927 post views in totaal sedert 1 November, 2019.