Eintlik is ek 'n middeljarige ouma wat toevallig julle "saait" raakgetrap het.
Sukkel ook maar om die web baas te raak, sien. Wel, ek is nie een van die vetkoek-pannekoek-kerkbisar anties nie. Sjjjt, die mense hier rond dink ek is…., maar ek is mal oor julle stoutighede. So nou en dan soek 'n bek seepsoda, maar ek kyk maar verby, lees verder, en lag. Want sien, ek was ook jonk. Baie dinge het verander, maar eintlik is dit nog dieselfde. Net die jaartalle verskil.
Tot 'n volgende keer,
tata
Wilna du Preez
Hierdie post is 98 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,083,283 post views in totaal sedert 1 November, 2019.