Aan die Complaints Commission,
Ek sit hier en lees al die briewe wat die mense vir julle skryf en kom toe agter dat hulle eintlik 'n punt het.
Julle kraak Suid Afrikaanse mense soos Casper De Vries en die Egoli ganag af, maar tog is hulle relatief suksesvol. Julle aan die ander kant, is'n klomp losers wie se jaloesie hulle ik bietjie oorskry.
Waardeer liewer mense wat al iets in hulle lewe bereik het en moet nie julle eie patetiese lewens beter probeer laat lyk deur ander af te kraak nie.
Dis nogal snaaks hoe sulke patete soos julle dink julle is befok. Wys jou-in die land van die blindes is een oog koning.
Vang liewer nog 'n trek van julle blaartjies of snuif nog 'n lyntjie dan voel julle wit goed dan voel julle weer beter.
Ta ta losers,
n Afrikaner sonder 'n kompleks
Wacky Eddy
Re: Julle site
Na aandagtige bestudering van jou skrywe is ek genoop om die volgende respons te rig: HAHAHAHAHAHAHAHAHAHAHA *vee trane uit oë* HAHAHAHAHAHAHAHAHA
Fok.
Dankie vir die opbeuring. Jy het so pas my dag, nee wag, my bestaan as't ware die moeite werd gemaak. Jy klink na 'n verskriklike komplekse Afrikaner sonder kompleks, veral as jy Egoli en Casper ernstig opvat. May God have mercy on your soul.
Hê 'n "wacky" Kersfees en sommer 'n wackier Nuwe Jaar. Jou blerrie snaaksie.
Vriendelike groete,
CHopper
Watkykjy staan op 3,092,371 post views in totaal sedert 1 November, 2019.