Goeie donner.
Ek het sopas vir die eerste keer julle site besoek. Al wat ek kan sê is…. Fok, ek kan aan niks dink om te sê nie.
Ek werk by Die Burger koerant in Kaapstad en ons het vandag 'n artikel oor julle dudes in die koerant gehad – dis waar ek van julle gehoor het. Anyway, ek het altyd gedink dis net ek wat verbaas is oor hoe common my eie mense (lees: volk) is.
Ek is oorspronklik van Gauteng af (Benoni doll!) en ek bly nou so ses jaar hier in Kaapstad. Ek het gedink net Gauteng (spesifiek die bybel-belt: Springs. Brakpan, Delmas, Ogies, Benoni ens. ens.) het lekker zef ouens gehad. Wel, ek kan julle guarentee dat die kaap loshande die titel van "meeste mense wat dink alles sal nog regkom as die NP weer die leisels oorneem" sal wen.
Die mense is hier so skurf hulle loop hulle skoene van binnekant af deur. Voorbeeld: Ek woon in Brackenfell (ja, agter die boerewors gordyn) in die Noordelike Voorstede en by ons Pick n Pay het hulle elke eerste Saterdag oggend van die maand 'n kareoke. Nie net enige kareoke nie, 'n GOSPEL KAREOKE! Kan julle dink hoe klink dit? En na die kareoke hou hulle die maandelikse Mej. Ranch Slaghuis kompetisie. Ek sweer, ek voel of ek in die fokken twighlight zone leef! En die karre wat hulle ry, donner daaraan kan ek nie eens dink sonder om sooibrand te kry nie. Voorbeeld: My buurman se kar het 'n sticker op sy agter-ruit, en ek bedoel oor die HELE ruit. Wat staan op die sticker? "Dirkie Die Hond". Ek het om al gevra wat dit beteken (hy wou my al 'n paar keer donner – mar daai is 'n hele ander verhaal) en hy het net vir my gesê: My kar is my liefde en my vrou is my bitch. Wat die moer dink julle beteken dit? Ens. ens. ens.
Anyway, ek wou maar net sê julle het 'n moerse slim site en ek is nou 'n volle convert.
Cheers ouens, Johan.
Watkykjy staan op 3,084,453 post views in totaal sedert 1 November, 2019.