Almal behoort dit eens te wees dat die Proteas 'n vroeë casualty is van die ICC Cricket World Cup. Tussen ons eie klimaat wat ons twee keer uitgereën het asook Hansie se spook wat rondgeloop en almal laat catches drop het, het die laaities nooit regtig gefeature nie.
(Ons het darem vir Kanada gewen. Vat so Bryan Adams.) Maar die ander vroeë casualty van die hele sirkus was die lame-ass adverteerders in die SA media wat so op hulle spreekwoordelike herrie gekry het. Danksy nole soos Standard Bank moes ons saamsukkel deur TV ads met "gewone" Suid-Afrikaners wat die span toespreek in die dressing room. LG het ingeclub met so hiperkak krieketbal-deur-die-TV-screen ad met popcorn wat op Pa spat en kleinboet wat die bal teruggooi. Om nie te vergeet van Castle se (snik) nasiebou piece-of-shut-the-fuck-up emotional advertising met die vlag nie. Daar was ook SAA se ons-screw-die-anner-teams approach, asof enige iemand met 'n keuse SAA vlieg. Dit was 'n sad tyd vir SA advertising. Ek kan al sien watse hive of activity die agencies was voor die event. Elke overpaid, yuppie idiot imaginable in 'n brainstorm wat praat oor hoe om te "capitalise" op die event met "worldwide reach" om die "brand" te "augment in the international arena." Blerrie dose. En elke loser agency imaginable het attempt om die campaign te bou op nasietrots en hoeveel ass SA kick en hoe ons die Geesbeker gaan wen en pis pis I love you guys the boys are back in town. Well, who's laughing now fuckers? Met SA sommer vroeg-vroeg teruggestuur pawwies toe sit elke adverteerder met hulle vinger diep in hulle holle. Ad space op TV en die radio is lankal vooruitbetaal, SA sou mos maklik die Super Sixes haal. Mos. Dis die kak met mos. Nou probeer Standard Bank counter met so radio ad wat praat van "When the heavens opened up in 2003" en ons staan nog steeds agter ons spannetjie losers, kom wat wil boo hoo hoo. Van die ander assholes flight nog steeds dieselfde ads en hou aan simpel lyk. Al wat ek kan uitkry te midde van hierdie fiasko wat die adverteerders 'n lot geld kos is HAHAHAHAHAHAHAHHEHEHEHEHEHEHHEHE. Kry vir julle. Dis nou maar wat gebeur as ASSUME dat goed gaan gebeur en dat mense jou kak produkte gaan koop oor nasietrots. Dis wat gebeur as jy ASSUME mense gaan dink jy gee om en jy support nie net die gig want jou bank soek nog meer rente van ons af sodat die bank 'n groter Mercedes kan koop met daai ronde ligte voor nie. Wel, het jy ooit daaraan gedink dat assumption die ma van alle fokops is? En dat assume se eerste drie letters ASS spell? Sien, jy het weer nie gedink nie. Stupitte asshol adverteerders wat duidelik voor die bandwagon ingespring het. Kyk hoe lyk julle nou julle bliksems, kyk net. Koop julle eie kak. En mog julle profit margins voëlsuig hierdie finansiële jaar. Selah. |
Watkykjy staan op 3,101,749 post views in totaal sedert 1 November, 2019.