Ek moes geweet het HKGK toe Snot my een aand bel en tune daar is 'n wyntrein die volgende naweek na Warmbad se Aventura Resort vir net 60 skille.
Saterdagoggend net voor ses kom laai Mot my en Mister D op sodat ons kan reg wees virrie trein wat 6:30 stiptelik vertrek. Nogal verbaas gewees om my half op en wakker te hoor, want gewoonlik is dit 'n aborsie om vir grifF wakker te kry op Saterdae oggende. Gelukkig het ons Vrydagaand die hele aand bietjie fles gevat so sprake van slaap was daar gelukkig fokkol van. Die trein was so bietjie laat. Mens kan dit verwag van iets wat die Wweermag en Yskor jointly organize. Gelukkig was daar barmhartige Samaritane met 2-liter Kaptein Skuim en Danville se swart slaansap om die kiewe nat te hou tot ons die trein teen so 7 uur kon beklim. Die Disco coach. Jirre tog. Nee wag, ek sê dit weer: Die Disco coach. Twee ooms wat heel laat in hulle laat 50's is met ponytails, grys snorre, paisley shirts en vellies. En natuurlik die zefste kak musiek op aarde met fucking strobe lights. Woes. Ek verstaan nie hoe iemand 30 sekondes van zef Afrikaanse doef-doef tunes back to back kan speel virre fokken uur en 'n half lank sonder om 'n song te repeat nie. Dis fokken onmoontlik, want daar kan nie so baie kak tunes in Afrikaans wees nie. Hierie bra's het dit afgepull. Nie net dit nie: daar was actually gabbas wat hulle skêrre vir dans spins gestick het. In die disco coach. Ons het uiteindelik by Aventura aangekom in Warmbad 'n lift gescore saam met taxi driver John en verder gesuip en baljaar en al sulke lekker dinge tot ons honger geraak het en in die Spur gaan sit en chow het. Lekker! Howzit! Ek moes my kos vinnig sluk, want die waitress was poeslelik wat aangesig en physical attributes betref. Was bang ek kots en mors my geld. Die brannas het darem gehelp om die lelike visuals wat verseker in my brein sou vasbrand uit te doof. Maar die brannas het ook iets anders in ons wakker gemaak – fokken onnoselgeit. Die tipe onnoselgeit wat veroorsaak dat mens Jackass tipe kak doen en jouself ongelooflik fokken seermaak. Ek het skaars herstel van die vorige week se onnoselgeit by Revel In toe ek en Mot gekyk het wie kan die hardste plathand poesklap op 'n rooi sonbrandrug hanteer; of wie kan die wit bal die hardste breek teen jou gabba se kop op die pool tafel. Of soos T! in die vroeë oggendure op die backpackers se dak klim, almal wakker maak en dan neerslet soos Hansie in die vorige World Cup en 'n rib breek. Ons het maar ligweg begin en gekyk wie met een asem deur die verhitte swembad se lengte kan swem. Amper fokken verdrink. Dit het gevoel of ek die Nyl se lengte bo water doen. Dis redelik poesmoeilik as jou idee van sportbeoefening is om elke naweek van Vrydag tot Sondag wakker te bly terwyl jy twee pakkies skywe klap per dag en die ekwivalent van Zimbabwe se binnelandse bruto produk opsuip. O ja, moenie met drank in die swembad klim nie. Mense frons. En Warmbad se mense is lelik genoeg sonder fronse. Toe is dit oor na al die rides en slides en what have you. Dis moontlik dat ek van my wonde teen my kop en bene daar opgetel het. Op 'n stadium het 'n lifeguard my aan my hare onder die water uitgetrek omdat hy geskiem het ek is besig om te verdrink. Meantime het ek net my broek wat ek verloor het onder die water gesoek. Hy het my nie geglo nie. Seker maar oor die drankasem wat hom laat steier het. My eers gelos toe hy my kaalgat sien terwyl ek point na wat lyk soos klere wat verdrink het. Ek is nonetheless daar weg na die volgende plonspoel. Tip: moenie bommies maak in die klein swembad waar al die kiddies uit die supertube uitspoel nie. Mammas raak omgekrap oor die kleingoed en die lifeguards smaak dit fokkel. Hulle blaas op fluitjies en jy word verjaag. Vir eers het ons gaan chill in die son en verder aan die druif verval toe Mot die bright idee kry dat ons moet gaan teiken skiet met paintball guns. Nogal lekker fokken gerieflik: jy hoes vyf skille en kry 25 rondtes waarmee jy drie teikens wat aan toue hang fucked kan skiet. Ons moes so paar keer vir die chick wat die storie run probeer verduidelik dat ons self die teikens wil wees. Sy't so bietjie verward gepluk maar ingestem. Toe brand Mot los en ek kry een teen die skouer. Gelukkig was die balletjies nie vol verf nie, maar fokken solid plastic, so die enigste rooi op jou lyf is gelukkig net jou eie bloed. Die laaitie wat die storie van die kant staan en uitcheck het skiem toe dis 'n piele game en brand los met een op my lae rug. Mot tree aan en kry 'n bloedstreep op sy rug waarna ek weer op rus gaan staan het. Mot se rug het kwaaier gebrand as pis op 'n oop wond, toe kry ek sommer outomaties vyf outomatiese skote teen die linker ass. Eventually kon mens my geskrouery bo die gunfire hoor en ons het die kak speletjie gestaak voor management ons lewenslank verbied. Die res van die middag was 'n blur, maar ons was weer sesuur die middag op die trein oppad terug Snor City toe. Die fokken disco coach. Dozi en allerhande ander onplesierige tunes. Die eerste aksie het begin posvat so halfuur voor ons afklim. Snot se broer het een of ander zefgat se girlfriend afgepis en toe begin die vuiste klap links en regs. Op die fokken disco coach. Daar is oor en weer gevloek en gepoes en toe almal eventually afklim by die stasie, toe poes hulle eers vir hasie. Snot het probeer vrede bewaar, maar so groep werfetters het FIFA World Cup op sy kop getrek. Laduma! Ander sportsoorte wat by die stasie wou kop uitsteek was krieket. Traai jy nou vir 'n ou wat aan die verkeerde kant van die spoor bly verduidelik dat jy die ou wat die kak begin het net in die kar try laai terwyl die fokken marabs met 'n Duncan Fearnly nommer ses in sy kloue reg staan om jou te Lance Klusener Supersport Park se kant toe. Stuk of dertig minute later trap ons in by Little Company of Mary waar Snot se gesig vasgegom word aan die res van sy lyf en sy broer op die bed lê terwyl die dokters wonder hoe hulle die bra se tande en kakebeen gaan fix terwyl hy mediese hulp weier. Die fokken disco coach! Ja-nee, Warmbad is die tipe plek waantoe jy met jou boney kan mozy op 'n sonnige Saterdag en dan oor die kop geliberty word met jou eie bliksemse helmet. Warmbad is lekker. Lekker fokken blaaint, ek sê! |
Watkykjy staan op 3,101,776 post views in totaal sedert 1 November, 2019.