Praat van weapons of mass destruction. As jy nou 'n fokken gevaarlike wapen in die verkeerde hande wil sien, gee gewone sout-van-die-aarde mense access tot e-mail. Die jirre hoor vir my …
Enige een van julle wat al in 'n staats- of universiteitsdepartement was moes al die volgende gesien het: 'n vergeelde (presumably fax) copy van 'n ooievaar met 'n padda in die bek. Die padda klou aan die voël se nek en die woorde "Never give up!" is onderaan. Of die vele sjimpansees wat gaap en sulke kak kwytraak soos: "What? Me stress?" Gewoonlik is dié oulike goedjies opgeplak te midde van foto's van die tannies se kinners en sulke kak prentjies wat die kinders geteken het. Sulke mense met skewe koppe en groot hande in rooi en groen. En die pa is groter as almal geteken en hou die ma aan haar … In elk geval, properliese office humor daai, maar deesdae word dit verseker gesupercede deur die nuwe vehicle vir kantoorhumor – e-mail. En dit bly nie by grappies in die e-mail teks nie. O nee, die eintlike kak kry jy net in attachments. En dan kom mens agter hoe sleg jou vriende en familie jou rerig ken. Hoekom, byvoorbeeld, sal ek 'n elaborate PowerPoint presentation wil ontvang met 'n poespienk agtergrond wat gaan oor hoe wonderlik die lewe is en dan eindig met 'n faktap laaste slide wat sê: "No get back to work you lazy bastard." Hoekom dink jy sal iemand so iets geniet, behalwe as hulle krimpies met Oldtimers' disease is of net donners simpel is? Jy sien jy dink nie, en dis juis waar jy in die kak trap. Met 'n grap is dit anders, jy vertel hom by 'n paartie en niemand lag nie. Daai een naai wat jy in elk geval nie laaik nie sê: "Dink jy nou miskien dis snaaks of wat?" en dan slaan jy hom en dan's sy ma kwaad want dis haar huis en kyk hoe lyk die braaier nou. Jy sien, e-mail werk nie heeltemal so nie. Mense delete maar net die kak e-mails en skud hulle kop en dink aan iets anders. Dan hou jy maar aan goed aanstuur want jy het geen idee hoe simpel hierdie shit eintlik is nie. Wel, dis nie goed genoeg nie. Ek kry al klaar so baie fokken goed soos "Watch a young girl, a black hermaphordite and a horse getting it on," "nsty TEEN action!!! FCK!!!! ASSS!!!" en "Print up to 20% more with EasyJet" wat ek nie weet waar de fok dit vandaan kom nie. Dan moet ek nog tussen global werk adresse wat vra dat "mens die deur toemaak in die aande" deurwallow voordat ek actually die een fokken e-mail kan lees wat belangrik is. So daai "oulike" grappie wat jy net moes stuur impress my nie veel nie. In fact, dit impress my heel moontlik glad nie. Ek delete hom sommer nou. Daar's hy. Fok jou. Wat ek ook gaan begin doen is om verskriklik eerlik te wees in alle e-mail kommunikasie m.b.t. office humor. Die eenvoudige sinnetjie: "Ek haat jou" behoort die ding te doen. |
Watkykjy staan op 3,092,378 post views in totaal sedert 1 November, 2019.