Mens vergeet partykeer net hoe donnerswil groot Oppikoppi gegroei het. Mens vergeet om jou kaartjie te koop en as jy jou bloedbelope oë uitvee is dit weer sulke tyd.
Speeltyd.
Dis Oppikoppi se tweede jaar in ‘toria en die keer was ‘n mens behoorlik in virre surprise of twee. In die eerste plek is dit nou in September, so ouens wat in Augustus by Fountains uitgeslaan het, is 10:1 beloon met meswonde en niks meer nie. Vrydag: Slaan tent op op ‘n desolate eilandjie-tipe-van-ding. Deur die drukgang waar alle eie drank agterweë gelaat word en in die entertainment area. Surprise, surprise: Mike Bolhuis en sy bouncers is daar. Gewapen met gats, die lot. Ons besluit op drink. Surprise, surprise. Net Namibian Breweries, Hunters, Savanna bierprodukte. Skiem jy’s lus virre Labeltjie of ‘n Kasteeltjie? Se moer china. Noodgedwonge leer ek kruiesjampoe soos Tafel en Windhoek drink. En weet jy, mens kan nogal heelwat daarvan drink. Anyway, ons check toe vir Cutting Jade wat nogal shap was voordat ons gesuip by die groot springkasteel slide afpoes. Toe twee kickass bands van Van Riebeek se valley. Relax is ‘n great live band wat hip-hop tipe vibes style en mense laat op en af spring soos fokken min. Na hulle check ons Millionaire ook van Holland. Modern rock vibe, nogal abrasive maar uiters fokken nca. Alhoewel die equipment heeltyd uitfok tune hierdie jonge here energy soos min. Vet nice kerels. Vet nice. Ons kry ons Afreakaanse doos-is met Anton Goosen en toe Karen Zoid net daarna. Bra Anton is dalk oud, maar hy moerrit pappie. Die band wat saam hom gejol het kook, veral met die warmgemaakte “Boy vannie suburbs”. Luuks man. Me Zoid het nogal lank gesing. Baie lank het dit gevoel. Vandaar na die Skelm stage vir Kobus! en wat ‘n lekker surprise vir almal daar. Musical journey, nê Francois? Supporters is gesalf, monitors is bevark met drank en water en ‘n naamlose vocalist het met groot seremonie van die stage afgebliksem en grondlangs aanhou sing. Respect dude. Killer gig. Satrag: Skop af met bluesy outfit Frosted Orange. Sê wat jy fokkenwil wil, maar bra Albert Frost is locally die man om te vang op kitaar. Jirre, hy maak uit. Big up yourself Albert. Baie lekker tunes, killer look en ons beginte spoed vang. Laatmiddag vang ons Zola in die kryt (excellent) waarna baie mense baie geraas het. Lot Radio Tuks punk soos bra grifF altyd sê. NIe juis CHopper se tiep-van ding nie. Ons besluit op drink. Nege-uur trek ons in by Zef Sketse en die fok weet die mense raak net fokken maller elke keer as mens hulle check. Homeless Hasie is classic dudes. “Soos die Afrikaanse Monty Python,” tune ‘n ou my. Ek skud my kop om te wys ek verstaan. Toe vir Valiant Swart met sy valiant tunes en almal voel onmiddellik goed, beter, botter. Daai man mag darem. Daarna Battery 9 wat net sy deur wil toeslaan en Ministry luister. “Is jy al klaar met jou huiswerk, Battery 9?” “Los my uit! Niemand verstaan my nie.” En net toe mens dink dis klaar betree Mandoza die stage en ons dans vir hom asof daar nie naweekkaartjies is nie. Nog nooit so baie honkies sien holswaai op “sulke” musiek nie. Dit was fokken cool. Die res van die aand in die danstent was ‘n blur. Alles gaan mos kop toe as jy dans en van en lag en huil en drink en rook en te kere gaan … … tot volgenne keer. Cheers Oppikoppi. |
Watkykjy staan op 3,083,274 post views in totaal sedert 1 November, 2019.