Studente het altyd die vermoë om fokken arm te wees en op die snaaksste maniere geld te maak of te spaar. Verblyf is seker een van die belangrikste aspekte as mens 'n student is, maar dit kan ook terselfde tyd die goedkoopste, gevaarlikste, sifste en scarieste deel wees.
Een van daai goekoop, gevaarlike, sif en scary dele van Pretoria is Sunnytown. So section in Sunnyside met ou huise wat aan Unisa behoort het, met lae rent, hoë maintenance en sulke lekker slap drade soos daai hood van Agterlike Elke Man waar antie Stienie altyd haar zaan se kole rooi getrek het en virrie bure se panties gekyk het. grifF en twee buddies het in Sunnytown gebly so paar jaar terug vir omtrent 'n jaar lank. Aan die begin was dit befok gewees. Jy deel R900 se rent per maand deur drie mense, jy kan elke aand buite braai en jy kan vuur maak in die kaggel as dit koud is en video's lê en kyk. Nogge ding wat befok was: Ons buurman was een of ander fokken scaly Brit gewees wat sy huis gedeel het met so paar swart dudes wat 'n shebeen gerun het. So as jy dors raak op 'n Sondag, klim jy oor die slap draad, klop aan die bure se garagedeur en skobo tune jou iets soos R5 'n Black Label quart. So het dit maar gegaan. Lekker-lekker. Ons het gewoond geraak aan die globes (die hele fokken huis s'n) wat almal gelyktydig bars so elke drie weke. Ons het gewoond geraak om kerse op strategiese plekke te bêre vir as sulke kak gebeur. Ons het ook gewoond geraak aan kak plumbing, verf wat van die mure afdop, mense wat wat by die erf inloop en basically binne in jou sitkamer staan en bedel terwyl sit en TV kyk, SABC roofkyker polisie, regte polisie, sirens, mense wat hulle karre reg voor jou huis rol, mense wat bikes regmaak in die erf direk agter jou. Ons het egter nie gewoond geraak aan die bure nie, want hulle het al hoe meer geword … Toe ons weer sien, is daar so tien ouens wat die huis langs ons met die Brit deel. Die polisie het partykeer die illegal immigrants by die ou kom verwyder, maar daar was altyd nog en meer. Daar was ook 'n gat in die muur onder hulle kombuisdeur langs die vier of stuk trappe. Nie 'n moerse gat nie. Ek skat hom so halwe meter wyd en 'n driekwart meter diep. In daardie gat het daar so fokken sif bliksemse wit boemelaar gebly, maar ons het hom gelukkig nooit deur die dag gesien nie. Net in die aande as sy oë gloei vanuit daai fokken gat en hy soos 'n hond huil. Nie lank daarna nie, trek die buurman aan die ander kant uit, so die huis is leeg en ons worries oor crime raak groter. Ons hoef nie lank te worry nie, want net die volgende dag trek daar so wit familie van omtrent nege mense van oor die straat met meubels op hulle rug oor die pad in die huis in. Deur die dag sit almal buite en tan of speel in die modder en in die aand is dit dood fokken stil. Die ligte is af langsaan, want die mense is onwettig daar en daar is fokkol elektrisiteit. Ek weet nie wie die minste probeer doen het nie: die polisie, UNISA of die welsyn nie. Fokkol het gehelp. Goed het deur die dag uit die huis uit begin wegraak. Ek skiem hulle het die kleintjies deur die vensters gedruk en soos kraaie gestuur om al die lekker blink goedjies te gaan haal. Eventually het ons maar twee honde gekry om die plek op te pas. 'n Alsatian en 'n Border Collie. Die Border Collie het nie lank gehou nie. Selfmoord gepleeg deur voor 'n kar in te hardloop. Seker ook maar deels my skuld, want ek het die fokkertjie Kenny genoem. Die groter seuns onder die kinders het ook dagga gerook en die honde probeer skop. Ons het hulle getune en gevloek en gesê ons gaan hulle fucked-up bliksem. Dit het my bietjie begin pla dat ek so op hierdie fokkers skree, want maybe raak ek soos een van hulle. Ek kon myself egter gerus stel aan die een feit wat my van hulle onderskei het en ook die main rede was hoekom ons op die ou end gefokkof het – ek fokken vang nie duiwe vir middagete met bierkratte, mieliepitte en 'n stuk tou terwyl ek agter 'n struik wegkruip nie … |
Watkykjy staan op 3,084,307 post views in totaal sedert 1 November, 2019.