(deur Y D Drol)
Wel, hier's ek weer. Hier's ek weer en ek doenit nog 'n keer, raak al hoe braver, en hou my lyf raver. So maak ons die groot aantog Wild Waters toe vir die somerdans event vannie jaar. Weens die feit dat die bestuurder van ons taxi en Mary Jane bietjie gesels het oppad, ry ons sommer die R21 heeltemaal mis. Na 'n moerse ompad, baie vloekwoorde, en weerens 'n moerse pis kom ons daar aan. Die ry is waaragtig van hier tot in Texas. Gelukkig wag my bud met my kaartjie heel voor innie ry vir my. Tydens ons tog tot heel voor tune die mense ons death threats en dies meer. Nie dat ek die arme sotte wat al twee ure in die ry staan blammeer nie, maar soos ek sê, as jy dom wil wees moet jy sukkel. Daar ingestap reguit bar toe. Prioriteite mense, prioriteite. Ons het 'n lekka spot by die main dansvloer gekry, op 'n heuweltjie innie koelte. Vele interessante goed gesien. Twee arme gegoofde ape het agter ons in 'n boom ingeklim en long meaningfuls gehad vir omtrent 'n uur. Ek het natuurlik by die een heuwel afgebliksem oppad bar toe. Later die dag in ons dronk toestand kry ons toe nou die kak idee om te gaan super tube. Ek was te varkin lig, en het vas gesit. Arme dude wat na my afgaan kom toe met 'n KAK spoed daar af, en ek was nice genoeg om die impak met my elmboog te stop. Sy stem was tien decibels hoor toe ons onder uit val. Daar was darem maar baaie mooi boudjies vir die outjies, en toutjies vir die vroutjies! Anyway al en al was dit regtig befok lekker, en ek sal dit n 10 uit 10 gee op Yol D drol se sosiale skaal. Tot later, sien julle Saterdag! |
Watkykjy staan op 3,090,237 post views in totaal sedert 1 November, 2019.