Jirre dis kak om jou lisensie te gaan doen. Ek is seker dat meeste van julle ook so slapgat soos ek was en die hele aborsie tot op die laaste oomblik uitgestel het. Julle sal verstaan.
Ek het geweet dat d-dag nader kom, so ek het my ongelisensieërde gat Waltloo toetsgroende se kant toe gepunt een Donnerag mirrag net om te spy wat gebeur nou presies en watse procedures en kak gevolg moet word. Ek het juis 'n week tevore my skuld van R3500 by die traffices gaan betaal, want ek is al een aand toegesluit vir hierdie tipe oortreding. Gelukkig het Slyt en Die Ben my kom uitbail vir R1500. Die Ben het natuurlik gedink hy's snaaks en 'n potjie Vaseline gebring in plaas van die afgesproke duisend skille. Heavy blaaint. Maar ek dwaal nou van die punt af . Waltloo was poesbesig en ek het die nodige info gekry om die takie Vrydag oggend aan te pak. Hulle het my gewaarsky om vroeg te wees. Nou moes ek nog net my ID kry. Ek het hom laas gesien die aand wat hulle my geskraap het virrie uitstaande speeding fines en dit was 2 jaar tevore toe ek te bly was om te fokkof dat ek my ID sommer daar gelos het. Na twee jaar was die blerrie ding wragtag nog daar, gebêre in 'n doos. Soos die noodlot dit wou hê, moes ek Donneragaand uitgaan en 'n paar skuimkoppe deur die nek jaag. Ek kom Vrydagoggend net na drie by die huis – gekoring soos 'n Cape Flats gangster op krismis. Toe kom die bright idee op van net 'n stort vat en sommer reguit toetsgronde toe mozy virrie liksens. So gesê, so geblaas. Net na vier die oggend slaan ek daar uit soos masels. Die plek is fokken packed. Een of ander poesneus in ou Nikes en 'n eighties neon annerack kry dit reg om die mense in 'n ry te laat antree en hulle name neer te skryf. Ek is nommer 122 en gaan sit weer met my rug teen 'n muur en begin boek lees. Dis nou tyd virrie long wait. Die hemel se poorte maak eers 8 uur oop, so ek lees maar die enigste boek in my kar: Java Gently. 'n Bietjie heavy tegnies vir iemand wat fokkol slaap in het en nog steeds voel soos knotty pine vloere waarop drank gemors en gekots is. Ek steek toe maar 'n Lucky aan. Nie dat ek iets kan proe nie, maar ek het gedink dat die rot in my mond dalk lus is virre skyf. Dis toe dat ek my nuwe maatjies begin ontmoet. Die poese saam met wie jy die res van die goddelike dag in ry moet staan. 'n Chick vra of sy my lighter kan leen. Sy lees ook 'n boek met die titel: 'Ek kan nie meer nie'. Godweet ek ook nie. "Is jy lus om 'n koppie koffie saam met my te gaan drink?", vra sy. "Jirre meisie", antwoord ek "dis 'n baie noble thought, maar ons is in die middel van fokken nêrens en ek skiem nie Hatfield Wimpy se deure is eers 24 uur oop vir die moeë selfone diewe nie. Let alone slapgat mense wat laat wakker skrik vir hulle lisensies." Turns out sy het 'n flask vol koffie in haar bakkie. Ek karring toe maar saam en ons deel koffie uit die enigste ou bekertjie wat sy in haar Nissan bakkie met die pappegaaistok stuurwiel het. Jirre toe moes ek half dronk met 'n hangover wat aan die deur klop sit en luister na haar hele lewensverhaal van haar goudvis , papegaai, flat in Gezina en spraypainter boyfriend. Toe is dit weer terug in die ry saam met die mense met hulle kampstoeltjies, worsbroodjies, leeutjie asems en stink voete. Die ry wat 1 meter elke tien minute skuif. Die lang, lang stink ry. Ek wens mense kon soos ek net 'n fokken bad gevat het voor hulle gekom het. Die ry raak nogal tense as mens binneshuis begin te beweeg. Dit lyk fokken simpel. Elke nou en dan gaan die voorste ou in vir vingerafdrukke en oogtoetse en dan skuif die hele ry elkeen een stoel aan. Maar jy is nog saam met al dieselfde stinkies en die koffie chick wat almal teen hierie tyd as my girlfriend beskou. Sy hou nie op praat nie. God, sy hou nie op praat nie! Natuurlik is daar ook dieselfde fucked-up gesprekke wat soos plate vashaak: "Ja, hulle gaan seker almal gelyk op lunch gaan en dan moet ons nog langer wag." Totdat ek helaas virrie bra tune: "Luister hieso jou doos, dis jou eie fokken skuld dat jy hier sit soos wat dit my eie fokken skuld is dat ek nou na jou gefokken moanery moet luister. So pipe down en traai om nie te veel asem te haal in my rigting nie. Asseblief. Ek vra mooi. Ek sal vir jou 'n koeldrank koop as jy net vir vyf minute jou fokken bek kan hou." Daai een sin het my 'n Coke gekos. Die mense wat nie die vorms kon lees nie of verstaan nie was actually baie cooler as die white trash wat hulle stemme probeer dik maak het, plus dit het my die beste an twee ure besig gehou. Ek het hulle vorms vir hulle ingevul. Beterweterige mense was daar baie van. Die tipe wat hulle oogtoetse by die oogarts laat doen het en dan ewe selfvoldaan met sulke groen kaartjies by die toetsgronde uitslaan. Lyk of hulle van die veearts afkom. Kwansuis gedoen om tyd te spaar. Die konte moet in dieslefde ry staan, want die oogtoets en vingerafdrukke word in dieselfde klein kamerjie gedoen. As ek 'n spieël daar gehad het, sou ek dit voor die ou gehou en gesê het: "Kyk hoe lyk jy nou, bitch!" Na nege ure is ek voor vir die oogtoets en die vingerafdrukke. Teen hierie tyd het die hangover my al aan die eiers beetgehad en in die hol genaai. My oë het soos muispoesies gelyk, maar ek is die oogtoets en die vingerafdruktoets deur. Die oogtoets eers die tweede keer. Ek was bietjie gedisoriënteerd. Surprise-surprise. Nou word daar in nog 'n ry aangetree om te betaal. Jirre tog, en my kwazi-girlfriend het klaar in die ry gestaan, reg om my reeds mal kop van my lyf af te praat. My moed was gebreek. Net hieso het ek die fok-dit handoek om my nek gesit, my strandbal gevat en gefokkof. Ek het nie kans gesien vir nog twee ure se long wait nie. Die volgende dag het ek my vorige dag se experience kwaai benut. Ek het halftwaalf daar ingesluip. Ek het geweet die mense was al flou en moeg en minder observant, toe druk ek in by die ry, word binne tien minute gehelp, betaal my lisensie en fokkof so vinnig as wat ek kon. Ek moes nogal vinnig gefokkof het, want ek het 'n vyfhonderdrand spoedkaartjie gekry. |
Watkykjy staan op 3,083,764 post views in totaal sedert 1 November, 2019.