Buurkinnertjies
Jannie en Sannie speel in die tuin agter die huis toe Sannie se ma hulle roep om te kom eet. Na hulle klaar gebid het aan tafel en wegval aan die kos, probeer Jannie bietjie gatkruip by die tannie: "Ai tannie, maar hierdie viskoekies is darem heerlik!" Sannie tik vir Jannie op sy skouer en sê: "Jannie, eet met jou ander hand. Dis nie viskoekies nie, dis pampoenkoekies!"
Rook hom
Jannie en Sannie klap 'n toon deur Pretoria Dieretuin toe Sannie snaakse goed begin sien: "Jannie, hoekom sit daai een hasie bo-op die ander een?" Jannie stop vir so rukkie en sê: "Hulle is besig om sigarette te maak." Hulle loop verby nog so paar diere wat heeltyd "sigarette" maak en na so rukkie vra Sannie: "Dit lyk my al die diere maak sigarette. Hoekom maak ek en jy nie ook sigarette nie?"
Jannie nooi homself nie twee keer nie en hy en Sannie pomp virre vale agter die beerhokke. Na hulle klaar is stap hulle so entjie verder toe Sannie vra: "Jannie, nou watse soort sigarette het ek en jy gemaak?". Jannie stop en dink so bietjie na: "Wel, as jy 'n hobbel op jou maag kry, het ons Camel gemaak, en as daar nie een kom nie, het ons Lucky Strike gemaak."
Pryswennertjie
'n Chick ontmoet hierie ou in 'n bar. Hulle praat, hulle connect en waai toe op die ou end saam na die ou se huis toe. Daar aangekom, wys die blaar haar bietjie rond in sy plek en die chick sien dat die ou se slaapkamer vol fluffy cute teddiebeertjies is.
Honderde beertjies op die rakke en orals op die vloer. Kleintjies op die vloer tot middelslagbeertjies en heel grotes op die boonste rak. Die girlie is moerse ingedruk met hierdie groot versameling beertjies en ook heel impressed met die ou se sensitiewe kant.
Hulle soen, ruk mekaar se klere af en zaber omtrent die hele aand. Na hulle elkeen 'n sigaret lê en rook rol die girlie om na die ou toe met 'n dik glimlag en vra: "So hoe was dit vir jou gewees?"
Antwoord die blaar haar terug: "Kry vir jou 'n prys daar op die onderste rak."
Watkykjy staan op 3,110,845 post views in totaal sedert 1 November, 2019.