Priester en Jannie
Jannie sit een oggend op die sypaadjie met 'n bottel swembadsuur, besig om dit oor die miere uit te gooi soos hulle verbykruip.
'n Engelse priester loop verby, kyk die storie uit en vra: "Good morning, young man. What are you doing with that little bottle?"
"Ek brand die miere, oom."
Die priester dink dat dit bietjie gevaarlik is virre laaitie om met sulke tiep van suur te speel en probeer dink aan 'n manier om Jannie te laat vaar van sy planne: "I have a bottle of holy water here that you could put on the ants instead. I once put a drop of this on a woman's belly and she passed a child."
"Dis fokkol", sê Jannie "ek het eenkeer 'n druppel van hierie goed op 'n hond se ballas gesit en hy't 'n Kawasaki ge-pass!"
Kak hoesie
Die apteker kom een oggend by sy apteek in en sien 'n customer wat heavy teen die muur leun en sy bors en maag vashou. Die apteker vra vir sy assistent: "Wat is verkeerd met daai ou wat so teen die muur leun?" Die assistent sê: "Hy het vanoggend hier ingekom en gevra vir hoesstroop, maar ek kon dit nie kry nie, toe jaag ek hom so 'n bottel Brooklax in."
Die apteker strip sy moer: "Maar my fok man, jy kan nie iemand se hoesbui probeer regmaak met 'n bottel Brooklax nie!"
"Natuurlik kan 'n mens", sê die assistent, "kyk na die ou. Hy is te fokken bang om te hoes!"
Boere guerillas
Edward Longshanks het Suid Afrika toe gekom om die Boere op te fok.
Hy bring 4000 troepe saam. Hy kom by die battlefield en speck daar in die verte op 'n koppie staan 'n figuur met blonde hare in 'n korbroek met 'n kam in sy kous. "Rooinek!" skree die Boer op die koppie. "Kom hier jou Engelse moerskont! I will gives you one helluva gatskop!"
Edward draai om na sy bevelvoerder en sê: "Take 20 men and deal with that Boer upstart!"
Die bevelvoerder doen so. Tien minute later op die randjie van die koppie kom die Boer weer tevoorskyn: "You! English komkol! Stuur the rest of your rooinekke. I will fok them almal op!"
Edward raak ietwat geirriteerd en se vir die bevelvoerder: "Take 100 men and kill that little guttersnipe!"
Die bevelvoerder stuur nog 100 man oor die koppie om die Boer op te fok. Rukkie later staan die Boer waar as wragtag weer op die randjie en skree: "Hey, you fokken moerskonts. Jou ma se pond! I is just warming up! Come moer me dik!"
Edward verloor sy kop en stuur 400 troepe om die Boer te vermoor. Tien minute later is die Boer weer daar. Sy klere is geskeur, sy hare wild. Dis net snot, bloed en Castle. Weer skree hy op die Britte: "Is dat de best ye can do? You bloody vrotpoes pommies! Come on, come and have a go julle souties! Kom klap me stukkend!"
Edward, lekker rooi in die gesig sê vir die bevelvoerder: "Take the rest of the men over that hill and don't come back till you've killed him!"
Vyf minute later kom een van die troepe al gillende en bloedbelope oor die randjie aangestorm: "Your majesty!" skreeu hy, "It's a trap! There's two of them!"
Watkykjy staan op 3,110,218 post views in totaal sedert 1 November, 2019.