(deur Yol D drol)
O.K. hou vas en staan trug. Meeste van my skobbos laaik nie die doef doef gatswaai vibe te kwaai nie, maar Yol D Drol vind dit soms VET nice pret om tog bietjie die Zef van Pretoors te verlaat en bietjie die Zef kultuur van ander nasies soos Jomaseburg te gaan uitcheck.
So maak ek toe my aantog na Truth, want daar speel mos twee DJ's van London wat ek stukkend like. Gelukkig het my blonde brein gewerk en ons koop tickets voor die tyd. (Nou nie dat dit enigsens 'n fok gehelp het nie.) Ek kry 'n tippof dat ons vroër moet gaan om die ma se moerse lang Q mis te spring. 9:03 stop ons daar. Dis Godsverlate. Ons staan 2e van voor af innie Q nadat die Trol by die deur ons uitgejaag het en gesê het dis noggie oop nie. So teen 9:30 kom die troppe en skare aan (let wel, die deure maak kwansuis 9:30 oop). So 12 sigarerette en 'n pis wat al andersom begin druk, en 'n Q wat tot in die pad staan, begin die Pretoors in ons skobbos te klop. Ek begin die bouncer opsize…. Hulle try ons bribe en kalm hou met terte wat ma die moeite kon gespaar het om daai paar stukkies draad aan te trek om te stuur met Pro-mo Hunters Exreme wat anyway kaksleg is. Toe my oë al water van my pis, en Kassie langs my in tale beginne praat maak hulle fokkin 10:45 daai deure oop. AMEN. Ons is in. Die plek lyk nice binne. Lekker groot, en essential… daar is 'n MOERSE bar. Ons plak op 'n bank wat letterlik oppie main dansvloer staan. Befok. Later wandel ek tussen die mense deur. Ek voel soos daai arme klot aan die begin van Blade, waar hy vrees vir sy lewe omdat hy nie 'n Vamp issie, want ek het nie e innie. So maak ek my weg vannie dansvloer af, met die hoop dat ek nie 'n nier, long, pankreas of oordrom gebars het met die harde musiek nie. Zeus is besig op daai dansvloer ou, die strobes moer neer soos bliksem strale! Ek gee my totaal en al oor aan drank by die bar. Nou raak dit lekker. Later kom plak 'n dude langs my oppie bank neer. Kyk, ek weet hulle se talking shit fertilizes the brain, maar fok ou…. Terwyl die conversation aangaan, try ek check watse kleur die arme siel se oë is, maar ek kannie sien nie want sy pupils is te dialted. Daar begin die London outjies jol. Haleluja. Ek swaai gat vir 'n plek en prys. Dit draai uit in 'n jol. Die les: |
Watkykjy staan op 3,102,316 post views in totaal sedert 1 November, 2019.