Zoeloeland
Die toeriste kom in Hluhluwe aan in Zoeloeland en kan nie besluit oor hoe om die naam uit te spreek nie. Na 'n groot debat besluit hulle om maar iets te gaan eet.
Hulle kom toe in die resturant aan en besluit om die kelnerin te vra: "Ag sal jy asb. so gaaf wees om ons te vertel hoe mens julle plekkie se naam uitspreek?"
"Ja seker" is die kelnerin se antwoord, "'n Mens spreek dit so uit: SSPUUURR!"
Heavy blind
So blinde javel klok in by 'n ladies bar. Hy bestel 'n dubbel brannas en coke en tune die flossie agter die counter: "Hey, kan ek vir jou 'n blonde joke vertel?"
Die bar word tjoepstil. 'n Vrou langs die man leuen oor en sê vir die ou: "Meneer, voor jy jou joke vertel is daar net so paar dinge wat jy moet weet:
1 – Die girl agter die bar is blond. 2 – Die bouncer is 'n groot blonde vrou. 3 – Ekself is 6 voet lank en weeg oor die 90kg en ek het 'n swart belt in karate. 4 – Die chick langs my is 'n blonde chick, maar ook 'n professionele gewigopteller. 5 – En die girl aan jou regterkant is 'n professionele rofstoeier.
Dink nou bietjie mooi meneer, wil jy nog steeds daai joke vertel?"
Die blinde man dink so bietjie na, skud sy ko en sê toe: "Ag nee jirre fok dit, nie as ek die joke fokken 5 keer moet verduidelik nie!"
Cheaters
Hierie drie gabbas vrek en kom by die hemel se poorte. "So," vra Johannes die eerste ou, "hoeveel keer het jy jou stukkie verneuk?" "Nie een keer nie. Ek het die perfekte huwelik gehad." "Great" tune Johannes, "jy kan kan in die hemel rondcruise in 'n Mercedes. En jy?", vra hy die tweede ou, "hoeveel keer het jy jou girl verneuk?"
"Um, net twee keer," antwoord die man terug. "Oraait," sê Johannes, "jy kan Corolla kry. Wat van jou ou Van. Hoeveel keer het jy jou vrou ge-cheat?" Van dink so bietjie. "Maybe so 12 of dertien keer, maar ek is nie seker nie."
"Gaaf," sê Johannes, "jy kry hierdie Ford XR3" Later daardie dag cruise Van rond in sy Ford XR3 en loop die ou in die Mercedes raak. Hy fokken huil net snot en trane. "Wat is fout ou maat, jy cruise dan rond in n Benz?"
"Nee," snik die ou, "ek het my vrou hier anderkant gekry. Iemand het haar rondgestoot in 'n Checkers trollie."
Moeroelas
Oom leeu lê lekker en slaap onder die maroelaboom. Bo in die boom sit 'n verveelde bobbejaan. Hy pluk 'n maroela en moer leeu een teen die oor. Leeu kyk rond en toe op, en toe sien hy die bobbejaan. "As jy my weer wakker maak…", waarsku leeu en probeer weer bietjie slaap. Nou raak die speletjie lekker vir die bobbejaan, en elke keer as leeu net so wil-wil wegraak, dan bliksem 'n maroela hom weer teen die kop. Goed kwaad, waarsku hy die bobbejaan om op te hou, maar die bobbejaan vee sy gat aan hom af. Die maroelas raak al min in die boom, en toe bobbejaan weereens dit waag om ver uit te reik na 'n maroela aan 'n dun takkie, verloor hy sy balans en bliksem teen die spoed van bedonnerd uit die boom uit. Hy beland amper op die leeu. Leeu is onmiddelik by en gryp hom vas. "Nou het ek jou, jou moer!!! Jy kan kies. Of ek byt jou kop af, of ek byt jou stert af." Bewend van vrees dink die bobbejaan lank en sê toe: "Byt maar my kop af." Leeu sê: "Is jy nou simpel, as ek jou kop afbyt is jy dood!" "Ja," sê die bobbejaan, "maar as jy my stert afbyt lyk ek soos fokken Robert Mugabe."
Watkykjy staan op 3,092,671 post views in totaal sedert 1 November, 2019.