Ons het mos gesê Vrouedag gaan nooit weer dieselle wees nie. En dié werfetters wat ons van die 9de tot die 11de Augustus gejoin het vir Afrikaans Kan Dans sal fokken weet waarvan ek praat. Vrouedag was net die piel wat Sannie norig gehad het.
Wat 'n paartie. Na 'n verskriklike gesuipery mis Chopper amper die Vrydagaand, maar sober tog op om later nog te gaan DJ. Bid jou aan. Die Saterdag was nog groter en die paartie het gestamp tot vroegoggend. As Watkykertjies hom laat gaan, speel hulle hom wyd. Dit kan jy maar glo. Van drank en klank was daar baie. "Ek vermoed Conraad" was ten spyte van sy dronkenskap heeltyd innie kol met die sound en het die mense ook sommer van die stage af getune wat is wat. Kom ons begin by die bands. Vilja het die acoustic hard geslaat en 'n mix van eie tunes en covers gedoen. Het even 'n song oor haar pussy gedoen. Dis nou haar kat. Ook deel van die acoustic kitaar inslag was gewees Roof (van Brixton) se kickass solo set met 'n hele spul songs oor Snor City. Dan ook Adam Tas (wat ons geadverteer het as Francois van den Merwe) wat die mense impress het met hulle eie brand van Afrikaanse musiek wat ou en nuwe goed insluit. Francois se chick, Gizelle, harmonise saam en bring 'n ander dimension tot die liedjies. Baie in dieselle lyn was Riku Latti wat Satragaand 'n solo set gegooi het wat verassend funny was op tye. Teen die tyd wat hy sy song "Ek word so deurmekaar" getune het, het meeste van die Gabbas al deurmekaar gedrink ook . Scicoustic het 'n Unplugged tipe vibe gegooi. Dan, tussen die stilte en die storm as't ware was Duin 7 – my persoonlike pick van die naweek. Die drie broers van Pretoria het 'n moerse unieke ding beet, 'n halwe blues-rock in Afrikaans en Engels. Dié manne laat 'n acoustic huil soos min en die percussion daarby laat die ding loop soos stroop. Praat van siel. Die manne geniet hom soos hy geniet moet word. Ahoy ouens, druk hom in die rooi. Die rockers het die mense laat uithaak, voete stamp en kopswaai. Die Albert Frost Band het 'n blistering blues set gehad wat almal daar laat boogie het. Plank het altwee aande mense intrigue en uitgefreak met hulle vreemde tunes en die bose vocals van Esmé Eva Kwaad. Die Brixton Moord & Roof Orkes is al klaar crowd favourites nog voordat hulle die stage betree het. En die ouens het nie dissapoint nie. Van 'n love song tot die hectic "Rock ster" het die ouens nie prisoners gevat nie. Laat mens dink aan Roof se gekrap op grifF se gips: "Been-af oor Brixton". En dan vir nog 'n band wat nie prisoners gevat het nie. Vuurkleur tune 'n wilde hard-rock metal vibe met so bietjie punk in for good measure. Hulle het ook heelwat verras met 'n tune wat deur Watkykjy? ge-inspire was. Piele ouens. Baie lekker gewees en ek weet nog steeds nie hoe die dromme heelgebly het nie. Kyk, Francois vat nie kak nie. Ons immergroen DJs moes iets regdoen want die mense het holgeswaai tot laat. Van eighties tot drum 'n bass, van rock tot reggae, van metal tot kwaito en van trance-karoo tot hiep-hop-hoera – ons het vir hom gespeel. Die beats was groot. Verder het heelwat interessante dinge gebeur. Gezo het in die vuur ingedonner maar is ongeskonde uitgehaal, 'n couple is betrap waar hulle bietjie gezaber het in iemand anders se tent, 'n gawe niggie het die hele tyd vir almal geflash, Tom het Satragaand 'n byt beleef na 'n psycho girl vir Felix omgekrap het en griffin het weer sy been gebreek binne die gips. Hy het darem die vorige dag gemanage om binne 5 minute in Yol D Drol se zef Hyundai in te breek omdat die dronk chicky gemanage het om haar sleutels toe te sluit. Daar was ook vroegoggend darem so bietjie sawwe lyf beskikbaar, komplimente van Droid, al het dit fokken four score en seven years gevat om 'n klein order van 4 koppies deur te sit. Moes ook mooi kyk dat die groen blaar nie by die sigorei ingeroer is nie. Op pad terug het bra grifF en bra Briek 'n stowerige Corolla teegekom in Sunnyside. Orals met die vingers in die stof oor die vensters uitgekrap: "Wat kyk jy? Jou ma se poes!" Die ouens was wragtag nog aant suipe. Ons harte het trots gebons. Daar's heelwat gekuier, gesuip, gerook, getand, gevry, gespyker (is ek seker van), gevloek, gelê, gesit, gestaan, holgeswaai, hande in die lug gegooi, geskree, gejuig en pelle gemaak. Tot volgende keer . Amen |
Watkykjy staan op 3,092,693 post views in totaal sedert 1 November, 2019.