Ja nee kyk ek sien elke nou en dan is daar iets in snotstorie oor Londen toe dog ek la ek ok nou ma 'n straal pis. Ek is nou al 3 jaar hier en glo my dis maar 'n poesplek. Ek werk ook in die kakste bedryf moontlik : IT. Maar wat ek nou wil vertel is iets heeltemal anners, Jy sien ek en my tjomma Vis het so rukkie terug ons eie flat gekry hier, slegte idee, want nou suip ons soos twee hoere op hitte. Die baas het vir ons gesê hierdie by idie werk aankom en ruik nog soos drank moet nou ent kry, toe koop ons maar net deoderint en poes sterk mints. Toe kom hy met die kak storie van hy dink ons gebruik draks, net omdat ons by die werk aankom met dieselfde klere as waarin ons die vorige aand gefokkof het en ons oë lyk bietjie snaaks en Vis mompel die heeltyd allerhande kak oor fokken katte(?) beteken mos nou nie ons maak gebruik van die pille in Londen nie. Wel die klein kont het ons toe darem laat staan toe ek vir hom verduidelik dat dit maak nou mos nie rerig saak hoe ons lyk nie solank ons net die job reg doen. Ek en Vis besluit toe mos om 'n kar te koop om weg te kom van die fokken tubes af, want glo my die fokken publieke transport hier is genoeg om moeder Theresa na drank te dryf, oorgewig ou tannies wat na pis ruik wat teen jou opvryf in rush-hour. Wel ons kry toe vir ons 'n stuk yster, het hom getune en wille sound ingesit, lekker rond getos die naweek, kom maandag oggend en ons moet van Bethnal-Green tot in Waterloo kom, O poes… Vis het bestuur want ek het nog 'n hangover gehad en het gevoel soos 'n oorwerkte hoer se kont, sommer al 3 keer by die venster uitgekots nog voor ons by die eerste robot was. Hier slat ons mos toe London Rush hour op die pad, man dit is moer kak, erger as die Durban Highway oor paasnaweek, en almal bestuur soos poese, druk voor jou in ens. Ek kan toe sien Vis beginne warm raak want ons is al klaar laat en die werk het al 3 keer gebel. IN London ry elke 2de doos tussen 18 en 29 'n fokken delivery van vol Engeland stickers en vlae van die perd se sokker span, nou maar die lot is die zefste fokken spesie op aarde. So 'n fokker druk toe vir Vis amper tot op die sypaadjie, ek sien toe hier kom kak, want Vis lyk toe sommer of hy half kalm raak en toe poes hy oor die sypaadjie en gaan stop reg voor bo genoemde van. Ek probeer nog stop maar die man het sy poes lelik gepluk, hy klim uit en begin die man so erg vloek in afrikaans ek kry sommer skaam die vent klim toe uit en voor hy nog 'n woord kan sê toe begin Vis sommer net moer, die ou se kop teen die van gestamp geskop en toe die man se partner uitklim toe moer Vis hom ook sommer. Met ons luck toe kom die ore op daardie stadium aan, toe ek hulle sien toe bel ek maar en sê ons gaan poes laat wees. Die manne gryp vir VIs en cuff hom, ek luister maar hoe hulle probeer uitvind wat die fok nou hier gebeur het en hoe Vis probeer verduidelik maar meer vloek as verduidelik. Fok moet nou stasie toe gaan, ek mag nie bestuur nie want ek lyk dronk (was gewees). £150 later en ek sit nou hier en wonder wat gaan gebeur by Vis se trial more, die lawyer reken hy sal net 'n waarskuwing en 'n poesgroot fine kry, hulle kan hom nie deport nie want hy het 'n britse paspoort. Nou wonder ek moet ons nou maar die yster verkoop en weer begin tube ry of nie, Vis reken ons moet hom hou en dan moet ek maar in die oggende bestuur. Sal maar sien, jy sien dis hoekom London 'n poes plek is, want hier kan jy nie jou hol draai of iemand wil kak soek of die pote is daar en glo my hulle SAL vir jou kom vra wat die fok is jy mee besig (ek swem in die fontein by trafalgar square poes, is jy blind?). Viva Suid Afrika Viva al die Suid Afrikaners wat kak maak in Londen. Die Giftige Haas |
Watkykjy staan op 3,083,861 post views in totaal sedert 1 November, 2019.