Check die Paartie se Petrette hier uit: dj paartie pieks Dit was 'n aand vol trokke dodge na werk, 'n aand van natgesweet en verbete aan 'n onpadwaardige kar se pappegaaistokkie vaskleef. Maar die Jirre weet, dit was die moeite werd. Dit was aand en dit was more, en dit was Satrag die 25ste Mei. Dag van die Wat Kyk Jy? DJ Paartie op Revel In naby Rustenburg. Die hele oggend slenter 'n paar lieplappers rond en ons wat kamtig verbonde is aan WKJ? begin kak regkry. Mense begin soos masels uitslaan, sommige ou wonde en ander nuwe vriende. Alom begin drankies vloei. En hoor jy die magtige dreuning? 'n Hele eskader BMW bikes kom ingeroar soos die manne en muisies van die Inklusiewe Vrye Assosiasie Motorfietsbende van die Hart indrop. "Bikers en die werke, " tune ek myself. "Hier kom 'n ding." Laatmiddag begin 'n paar mense slinger en die DJs sleep hulself na die booth toe. Dinge begin warmer raak soos die eighties tunes mense se hartsnare roer en hulle voete laat jeuk. Tussenin moer die DJs byderwetse dansmusiek, losgat rock 'n roll en 'n hele spul ander wysies om die spreekwoordelike pot aan die kook te hou. Die partytjie gaan van krag tot krag. Aand beginte val en die bar laat loop met Jagermeister promotions. Vyf rand 'n shot en wen allerande dinge soos nog Jaggies, caps en T-shirts. Of fokkol, maar dis mos maar hoe die fokken lewe is. Vir die danskompetisie moer die DJs nuwe kookwater band Kobus! se "Hoenderman" en beskonke Watkykertjies kappityt op die dansvloer. Ons slaags selfs daarin om die motorfietsbende op die vloer te kry. (Nota: Oor die algemeen is motorfietsbendes baie main en sit net rond en knip hulle oë.) Na 'n ernstige besering en strawwe kompetisie stap Ria weg met die louere vir die Muisies en Neef Louw met die Mansprys. Hulle word onmiddellik nog dronker. Na die Jagermeister in rekordtyd geklap is neem die partytjie nuwe dimensies aan. Die mensies stap verdwaas rond en begin gesprekke oor enige kak met enige iets aanknoop. Honde en bome word ook nie gespaar nie. Selfs 'n niksvermoedende Nederlandse toergroep word aangetree in die Backpackers Lodge. Orals waar hitte is staan mense rond en lag en praat en syp en lieg en dies meer. Binne boogie 'n paar asof daar geen more is nie . Ongelukkig is daar kom almal dan agter as die Bosveldse wintersonnetjie ons uit die pisvelle jaag. 'n Kickass breakfast by Revel In se Rastarant tune ons baie vinnig weer nice en grappies vloei soos die vorige aand se Jaggies. Dan die onafwendbare hartseer van afskeid neem. Tente word afgeslaan, ou LiquiFruit uitgegooi en tolgeld vir die pad terug geleen by vriende. Maar ons maak weer so . Dit fokken belowe ek julle. Moerse thanks vir:
|
Watkykjy staan op 3,110,465 post views in totaal sedert 1 November, 2019.