In my nederige opinie…
voel ek dat Karin van Rensburg eintlik net baie graag wou sien wat gebeur as sy die "send" knoppie druk.
Net daarna haar Sondagskool juffrou, Oom Gert en Tannie Susan van die poskantoor en Pastoor van Graan geskakel en hulle laat weet van haar goeie daad.
Sy slaap seker nou baie lekkerder in die aande ? Ook het sy al haar pelle gebel en met n gevoel van orgasmatiese vlakke laat weet dat haar brief nou net op die "Wat Kyk Jy" websaait verskyn het en dis moerse cool en sy hoop Juan Kock van oorkant die straat gaan dink dis super en haar Casbah's toe vat of iets.
Ek dink juis ek gister met my ou Corolla agter haar gery. Want niemand anders gaan voor so 'n monster kar injaag met n nuwe BMW 318ti wat 'n vissie sticker op het en dan gums wys en waai nie. Sy was seker haastig gym toe … In elk geval ek het nou my opinie gelig en gaan nou al my tjomme bel en tune van my brief aan "Wat Kyk Jy" en dan saam met hulle lekkergeblaas raak by Dropzone vanaand. O ja, sop virrie girl met die vissie sticker op haar BM, sy steel teer …
-brielie-
P.S. Ou's julle een link werk nie meer nie, daai een van dr. mango.check net 'seblief man.fanks!
Watkykjy staan op 3,085,066 post views in totaal sedert 1 November, 2019.