Ons skiet uit soos poprivets by die Koppi so 3 uur Vrydag mirrag. grifF mag op nie op Nasionale paaie ry oor festive dele van die jaar nie, so hy score lift saam met Mot en Pale Poes. Tente, drank, kos en water gelaai in die boot wat mens mette stok oophou as jy uitlaai. Watter mors van spasie, ek het op die ou end net die drank gebruik.
Ek voel heavy lanie, want ons ry mette 2 liter Skyline met fokkol shocks en lekker phat tunes op minidisk. Een van daai karre watse paaiemente jou minner uitwerk as ‘n bottel block-en-tackle ‘n maand. Kief. Daar aangekom is dit gou howzit tune virrie al die anner gabbas. Chopper was al klaar half vrot vaginaal beskonke en aan die gang, so ons moes maar net inval waar ons opgehou het met die kas bier innie kar. Daar is heelwat kak gepraat en ons het ‘n paar lekker bra’s raakgesuip wat smaak vannie saait. Ek gaan nou nie heelemal in detail ingaan oor wat oorie naweek gebeur het nie, want die lyf is redelik seer en die kop maar taamlik fokken plat. Pleinweg: Ek voel vandag af soos brood en op soos gooi. Anyway, hier is ‘n paar pointers en miskien kan julle ‘n paar lesse leer vir volgende keer:
|
Watkykjy staan op 3,084,325 post views in totaal sedert 1 November, 2019.