Kyk, mens het geweet die local Idols gaan baie kakker wees as die oorsese een (wat ook maar pissy vermaak was teen Bick Brudder). En almal het geweet die judges gaan lelik wees met die vals bliksems – dis tog die fokken punt. Almal het geweet ons kinders sing soos hulle gatte. Maar niemand en niks kon mens voorberei vir die lame-ass presenters nie. Fokkol china. Hierdie losers laat Huisgenotjies vir die Jongspan na holverskeurende vermaak lyk. Die Jirre weet… Sami is nowhere, die Candy girlie is amper net so simpel soos die ander Candy maar Matthew. Matthew, Matthew. Matthew. Dié man is die altemit faux pas, die spreekwoordelike vlieg in die salf, die aartsgrief in my oop kyktyd. Op 27 is hy blykbaar 'n veelsydige sanger, akteur en aanbieder. Kyk hoe impressed is ons. Die man het K-TV aangebied, for God's sake. K-TV! Dalk sluit M-Net lewenslange kontrakte met aanbieders en dan sit hulle met die gebakte pere, oftewel washed-up kid stars wat net nie werk op 'n adult level nie. As ek 'n remote besit het sou ek die klank afsit elke keer as sy pudgy gesig my TV screen ontsier. Maar helaas, die voorreg is nie vir my beskore nie. Dus luister ek aand na aand na sy tos interpretation van 'n ewe hopelose script. Weak dude, fuckin weak. Een spesifieke aand staan uit: die presenters is kamtig "agter die skerms, in die studio" want die show is "nog nie reg nie". Nou maak Matthew asof hy die tape soek, maar die ding is gebreek en later sit hy met videotape om sy nek terwyl hy die hele show lank net sê: "Welcome to the show". Intussen polish Candy heeltyd haar naels. Aaaaaaaaaaaarrrrrrrrrrrghhhhhh ffffffffffffokkkkkkkk fok fok fok fok FOKOFFF!!! Nee M-Net, that's a bad M-Net. Daardie episode was loshande die swakste show wat ek in Suid-Afrikaanse televisie gesien het since ek begin kyk het in about 1978. Dit het net aangehou en aangehou. Ek kon naderand nie meer nie, Suid-Afrika kon nie meer nie, ek moes afsit…toe, dank God, advertensies. Sien jy wat jy doen, Matthew? Jy is evil en maak reality TV lelik en sleg. Moenie dit doen nie asseblief. Wees 'n akteur en sanger en all that in plekke soos teaters waar die gewone publiek nie heen gaan nie en ook nie hoef skaam te kry vir jou part oor die kak jokes nie. Ons…kan…nie…meer … nie |
Watkykjy staan op 2,933,231 post views in totaal sedert 1 November, 2019.