Een ding ding wat jy van Pretoria kan sê: Hy bloei die hele fokken jaar. Innie lente is dit die Jakarandas. Die res van die jaar is dit die shoppers van bekende en overpriced malls. Die een oomblik skiem jy jy's heavy 'n mallrat. Die volgende oomblik hardloop jy soos 'n straatrot weg van vallende skerwe dakteels en 60% markup merchandise. So vier jaar terug het die eerste gebou inmekaar gebliksem – die Northpark shopping center in Rachel de Beer straat in 'Toria Noord. Ek het nie geweet daar bly mense in 'Toria Noord nie. Heavy. Anyway, gelukkig het niemand seergekry nie. Net twee konstruksiewerkers is dood on-site, op slag. Konstruksiewerkers is mos nie regte mense nie. Wat het die fokkers besiel om daai center in Rachel de Beer straat te bou? Dis mos nou 'n chick wat fucked-up karma vir een dag gestrike het. Nietemin het hulle die plek nog steeds try oprig en dit het uitgefok. Die enginerd wat daai spoeg-en-plak job gepull het se kop waai hierie maand. Volgende aan die beurt was Strijdom plein. Heavy standbeeld van een of ander perd op 'n perd as ek dit nie mis het nie. Bloot net deur die konkruit gebliksem op een of ander heilige Afrikanerdag. Asof die ou met die groot arms daar bo in die wolke half besluit het: "Jirre ouens, julle maak my tietspiere lam. Kry vir julle." Die Kolonnade was amper in sy laaste stadium van spoeg-en plak. Ek sou sê hy was 'n ysbreker vir Brooknaai Mall. Dak en al neergeslet op die ysskaatsbaan. Gelukkig was dit nog nie Zef-uur met doef-doef op skates nie, anders het 'n paar mullets dalk bietjie kop verloor (en dalk uitgehaak). Een chick was blykbaar besig om in Woolworths te werk en toe sy weer sien le sy op haar rug in Jetstores (die kind moet seker nou al so vier maande in die ander tyd wees). Sit lekker en tand en fles vat by Crawdaddy's toe die hele Pretoria se superhero squad met flying colours en sirens verbyskiet. "Wonder what happened?", vra die goose terwyl sy 'n sluk wyn hap. "Brooknaai se dak het seker inmekaar gebliksem reg bokant Clicks," tune ek nonchalant en kap die res van my brannas. Twee honnerd square meters, ek sê. Clicks wou seker nog altyd 'n sterretjies kombuis gehad het – You pay less. Cool ding hiervan is dat Edgars en ander klerewinkels in hulle se poes in geflood is. So al julle gomgat gawies wat soos ek hierie maand dit nie te dik innie sak het nie kan lekker flaai klere optel by die Hatfield vlooimark oor so twee weke. Energie gaan mos nie verlore nie. Dit sirkuleer net heavy. Soos metal. Julle moet nou mooi hoor wat siener grifF vir julle se: Menlyn Park is volgende china's. Mense bitch al klaar dat hulle nie die sliding deure toekry teen vyfuur nie omdat daar te veel karre en mense is. Dis seker die dat hulle oopbly tot nege uur die aand. Daai plek gaan val pappie. En die dag as hy doen hoop ek dat almal in my swart boekie is daar. Dit los minder werk vir die sniper wat ek gehuur het en die ou werk teen 'n uurlikse rate. 'Toria is besig om in sy fondamente geskud te word en die mense loop al om die mure dag en nag. Die beuels blaas en die natives raak onrustig. As dit maar net rock musiek was. Ek dink terug aan die dae toe die SALU gebrand het, Munitoria vir 'n poes gevat is en die stasie die spoor al flammende byster geraak het Die vuurhoutjies in my sak brand my. Ek skiem ek gat gou 'n zaan kap op die balcony. Laat ek liewer rook.Ja, laat ek liewer rook. |
Watkykjy staan op 3,083,758 post views in totaal sedert 1 November, 2019.