Die volgende stuk is fokken erg subjektief en 'n persoonlike view op die fokken gemors wat die 11de September gebeur het. As jy dink dis kak, is ek fokken jammer om te hoor.
Dis nou al 'n rukkie nadat iemand 'n lot aeries in die World Trade Center en die Pentago in staan en vlieg het. Die oorlog teen terrorisme, word aan ons vertel, is onderweg. Groot, sterk Amerika sal terreur fokken uithaal. Once.
HKGK. Selfs 'n blinde man kan sien hier kom groot kak.
Soos ek die ding sien, staan niemand te gain nie. Dis jou basiese een keer in 'n leeftyd groot fokken gemors, is al wat dit is. Fokken jare se mielies. En Amerika is beisg om sy lappie te verloor. Niks soos 'n klein doring om 'n groot leeu om te krap nie.
Dit kan nie gejustify word dat 'n paar duisend gewone mense dood is in Amerika nie. Nie vir my nie. Maar die ouens moes die Ou Grote se aandag op een of ander manier kry. Dit het hulle wel gedoen. Met rente.
Wat mens moet besef is dat Amerika al jare se kak aan die fokken wereld uitdeel, veral armgatte soos ons. En jy kan jou neus net soveel keer insteek voordat iemand jou gaan poes. Glo my, as Suid-Afrikaanse man ken ek hierdie fokken wet maar tog te goed.
Die Yanks skiet nou al jare lank lekker rond, vat oor, gee kak en enforce sanksies hier en sanksies daar en siedaar – nou's hulle op home ground aangeval, iets wat niemand ooit reggekry het nie. Asof dit nie genoeg is nie, floor die ouens toe ook sommer die WTC for good measure.
En hierdie bra's is nie bang nie, let me tell you. Wie ever dit is, hulle staan hulle man. Bin Laden weier sover om te sê dis hy, maar volgens 'evidence' en CNN kan mens aanneem dit was mense van die Arabiese persuasion wat 'n ekstremistiese lering van Islam aanhang. Of die CIA.
Oom Taliban tune "Issit?" en loop nou deur vir hardegat wees. Maar iemand moes dit doen – selfs die Groot Illusie van Vryheid het voete van klei. En as hy val, gaat hy hard neerbliksem pappie. Bliksems hard.
Net die tyd sal leer
Watkykjy staan op 3,085,040 post views in totaal sedert 1 November, 2019.