deur Walt the Wizard (vanuit Londen)
Deesdae gryp ons groepie mense mos die geleentheid om op sy soap box te spring en sy opinie te verkondig aan met albei hande. Wel, today is dit weer my beurt. Hoekom? Want ek het nie juis veel werk vandag nie, en dit moet een ander tyd gebeur.
Ek is seker julle was al almal in 'n shopping mall soos Cresta of Westgate. En ek is seker julle het ook die wonderlike plesier beleef van verkeer in die mall. Soos in mens verkeer. Jy is haastig en weet presies waarheen jy wil gaan. Al wat jy wil doen is jou Ali G vid koop en fokkof voordat die Grand Prix begin. Maar dan loop jy jou vas in 'n groep krimpies of 'n klomp shoppers wat hul lyf toeris hou. Ja! Loop op snails pace en fokken staar na die dak terwyl julle voetjie-vir-voetjie aanbeweeg. Honestly! Daai fokken patrone op die dak is oraait, maar dis nou nie SO cool nie! Hou op om jou soos 'n toeris te gedra! Jy is elke donnerse Satrag hier en niks verander nie. Slegs my mood as gevolg van julle! En die tyd stap aan jy weet. Ek wens JULLE wil fokken aan stap.
En loop langs mekaar, asseblief. Al donners 20 van julle. Smaak my ek sal 'n alternatiewe roete moet volg. Dan doen ek dit, maar een of ander sot delay my vir drie sekondes en dan, soos ek weer by die hoof roete aansluit is ek weer agter die toeriste!
Idioot!
Of jy kry 'n blaar wat parraluuks wandel soos 'n krimpie en staar na alles of jy kry 'n malmoer wat almal uit die pad stamp en ouppie ou einde kom hy ook nerens nie. Maar ons bly kalm en verduur die klomp brode in ons samelewing. Mens kry net die twee extremes. Niks tussen in nie! Pis my af.
Aan met my storie. Toe dog ek, bliksem dit sal lekker wees as ek bietjie in Londen is, om nie hierdie struikelblokke hoef te he nie! Wrong again! Hier is daar genuine toeriste, maar hulle is verstaanbaar. Want daar is baie kak om te sien, en ja ek sal 'n fodie van jou en jou stukkie neem voor die paleis (Kak gebou maar anyways. Julle wil seker evidence he dat jy actually hier was)
Maar die toeriste is nog fine, dis die locals wat my af pis. Ek meen fok, moet jy nou regtig in my vas loop? En kan jy nie donners in 'n reguit lyn loop sodat ek by jou kan verbykom nie? Julle bitch en moan dat julle so baie moet loop, maar as julle net in 'n reguit lyn sal loop dan is ek seker jou mileage sal drop met so 20% 'n maand!
Scenario: Oxford Straat op 'n Saterdag middag. Ek is so bly hulle het besluit om Oxford st se sypaadjies drie voet wyd te maak as daar 5872134972945 mense is wat daar wil wees. OP EEN SLAG!
En elke knaap hier is net vir homself. 1-2-3 dis 'n kak plek die. 4-5-6 fok die res. Loop met jou pakkies voor my op die drie voet sypaadjie teen snails pace. Stop dood in jou tracks en sit jou pakkies neer en antwoord jou selfoon REG HIER IN DIE MIDDEL VAN DIE FOKKEN VERKEER en speel "Ek is 'n damwal" Smaak my, jy kort 'n PK!
Wat my roomys ook suur maak is hierdie bliksems wat uit 'n winkel kom. Of hy nou op sy "mobile" praat of nie, jy loop net. Mense sal mos vir jou stop. Dit vat so twee weke van defensive driving voordat jy besluit: Se moer!
Ek vermy hom nie meer nie. Infact ek versnel. Amper op running pace, dip my skouer, en siedaar! Die klank van sy brekende ribbes is musiek vir my ore. Hy sal dit nie sommer weer doen nie.
My gunsteling is die volgende scenario: Ek loop met my shopping in pakkies. Die sypaadjie is 436587 meter breed. Daar is een persoon wat na my toe aan stap. Ek loop aan die regterkant. Hy loop aan sy regterkant. Refer to my walking in a straight line comments hierbo! Die doos loop waragtag reguit na my toe. WTF? Dan moet ek (die een met die pakkies) uitswaai, en dan tref my pakkies nog die fool se bene. En ek wonder of my eiers gebreek het (Ja ek praat van die hoender eiers in die pakkie.)
Maar dit vat net so twee weke dan is jy nou experienced. En dan het jy 'n trick of ses geleer. Nou maak ek seker ek dra al my 2l Coke bottels in die regterhand, en ek hou sover links as wat ek kan. En as daai doos weer so op my afloop en daai stunt trek, dan swaai ek my pakkie per ongeluk in op sy jewel area. Werk soos 'n bom. Dis so asof 'n man kan sense as iets jou in daai omgewing gaan tref en binne 'n oog wink word akrobatiese evasive action geneem.
So pas die mens aan. As gevolg van ander se stupidgeit en doosgeit pas ons ons roetines af om hierdie idiote te akkomodeer. Nou vra ek jou hoekom????
Watkykjy staan op 3,089,801 post views in totaal sedert 1 November, 2019.