Super Deluxe 3000 (Buitelandse verslaggewer)
Die afgelope paar weke is ek seker meeste mense is voor die kassies genael, na wat met New York se groot zap sign gebeur het. Maar metter tyd, kom ons face it, raak ons nou ietwat gatvol vir die CNN en BBC ouens se gesigte. Big Brother is besig om al hoe meer interessanter te raak, en ook hier in Engeland het die nuwe reeks van Temptation Island my met jaloesie begin weglok.
Die probleem hier is dat die Britte oftewel 'bruinnekke' so diep in Amerika se poephol opgekruip is dat hulle soos 'n droë drol spartel om uit te kom. Die grootste sondebok is natuurlik die kordate kaartmannetjie homself, Tony Blêr.
Check Tony is een van daai klein irriterende ouens op skool wat kak soek met mens en dan agter VetSeun gaan wegkruip net voor jy hom kan donner. Sodra Bush iets vir Oom Taliban sê op die TV dan hardloop Tony van agter Amerika se groot vet gat, moer Oom Taliban met 'n plattie teen die oor, en kruip dan weer agter VS weg.
Ek kan nie meer TV kyk en sien hoe Blêr alles wat Bush sê herhaal in 'n Britse aksent nie. Magtig het die man nie ouens wat vir hom speeches skryf nie, of ten minste net die woorde bietjie kan rondskommel dat dit nie so blatantly obvious is nie? Amerikaanse aksent: 'This is a war on terrorism!' Britse aksent: 'This is a wor onn terrourism'. Amerikaanse aksent: 'My eyes are very close together', dan sê Tony, 'My oyes ore very close togethor'.
Elke oggend as ek op die tube werk toe ry dan sien ek hoe die benoude Britte angstig deur hulle koerante blaai. Die treine pong so van benoude poep dat ek besluit het om maar die ekstra R3000 'n dag uit te shell en 'n taxi werk toe te vat.
Kom ons face it maar, Brittanje is 'n mini Amerika met 'n bietjie meer Duitse toeriste. Toe Osama 'n paar weke gelede Kapitalisme se twee zap vingers afbreuk, moes julle Londen se reaksie beleef het. Koerantpapier-Amerikaanse-vlaggies word uitgesny en in jou werk, kar, huisvenster geplak (En nee, 'n USA bandenna om jou spieëltjie tel nie). Mense kyk vir die eerste keer in hulle lewe live na die New York Stock exchange en gooi hulle hande moedeloos in die lug toe die $ neerbliksem, kruip, opstaan, en weer genadeloos neerbliksem.
Brandweermanne hou op om vure te blus, katjies te red en samel instede geld in vir Vetseun. Televisie staak normale programme en bombardeer klein pommies met nog meer foto's, teks, video's, selfoonopnames en black boxes van vreesaanjaende terries met baarde en handoeke op hulle koppe. Ander charities in Engeland begin worry want mense gee net vir VetSeun. VetSeun word vetter maar stuur darem 'n paar sakke koring na Pakistan toe. Wie wil nou koring hê as jy kan kreef eet?
Het die wêreld helemal mal geword? Om vir Amerika te sê hy mag maar die kak uit 'n deurskynende enemy boks – wat enige plekin die hele wêreld kan wees – soek mos nou vir stront. Maar nee, Tony is 'n regte fokken 007 (behalwe sy oë is bietjie nader aanmekaar) en hy en Vetseun gaan alleen die hele skooljaart opfok.
En dis die uiteinde van hierdie lang vervelige sad storie.
Die einde.
Watkykjy staan op 3,083,860 post views in totaal sedert 1 November, 2019.