Ag magtig manne, so 'n klomp geneulery het ek nie gehoor vandat die Bokke deur die Aussies geboot is uit die wêreldbeker nie (what else is new?). Storie na storie 'n gekerm oor dit of dat wat net nie klein gekry kan word nie. Menere, die trant wat ek uit julle klein verhaaltjies kry is dat julle sukkel om bietjie "zaber" te kry. Die enigste plek naas jul website met soveel verwysing na saadstorting is in die sonneblomlande van die Noord-Wes. Lyk my julle trek meer draad as Giep Vogel se plaas-omheinspan. En hulle voorsien omtrent die hele Vrystaat.
Goed, luister mooi ek deel dit slegs een keer. Ek was ook eers soos julle. 'n Vaalseun. Daai manne wat in 'n donker hoekie van Dropzone wegkruip agter 'n bier en die cherries uit hulle boobtjubes uit tjek. Dan later die aand gedweep huis toe gaan en bepeins hoekom de donner het hulle nie 'n girl opgechat nie. Boo-hoo, gaan vang 'n "dratie".
Met verwysing na Dropzone kan julle seker aflei ek kom ook uit die voorstede van Pretoria. Snor-city. Bloubulwêreld. Jakaranda-stad jou lekker stad. So gebeur dit ook dat ek een aand so twee jaar gelede 'n biertjie kap in die middel van die Hadfield "Skwêr". Sit 'n bietjie saammet my: jou Black Label wat sopas na 'n lang gewag gekom het voel net 'n bietjie warmer as daai koors wat jy gister gehad het na 'n dodgy pie, nietemin is jy dankbaar dat jy darem iets voor jou het. Jy en jou tjommas tjek eers 'n bietjie die tafel langs julle en dan word getuur na die aksie op die square. Julle praat oor jul ekse en hoe jy daai girl sal "vat". Saggies in jou hartjie wens jy egter dat vannaand net asseblief moet verskil van die ander aande en dat jy dalk net 'n "gelukkie" kan optel. Nou as jy net 'n bietjie die ou uitgetjek het wat langs daai blonde bom loop wat jy nou-nou sou gevat het, sou jy agtergekom het dat hy aansienlik anders as jy lyk. Nou net hier volg enlightenment.
Asof Pretoria se seuns nie groot genoeg is nie, was daar mos 'n kreatien ontploffing in die testosteroon gene-pool. Dáái man het spiere wat lyk soos 'n sak lemoene. Orals. En ek belowe jou hy's meer in die mikke as 'n Skukuza luiperd. En hier's nog 'n rumoer wat waar is: ten spyte van 'n top universiteit, 'n technikon, honderde kolleges en van die beste skole in die land het meeste Pretoriaanse girls nog nie gevorder uit die vroeë Steentydperk nie. D.w.s. spiere=plesiere.
Toe tref dit my mos net hier: If you can't beat them, join them. Sluit ek aan by die Health & Racquet (wealthy racket) en begin spiere bou, en glo my na 'n paar maande was dit nie net ysters wat ek gepomp het nie. Karel Straatkat word Karel Ramkat.
So moral of the storie: Klim van jou gat af waar jy sit en Jerry Springer kyk en wag vir 'n "lekker" fliek, en sluit aan by Virgin Active. (Hoeveel waarheid steek daar nie in daai naam vir 85% van watkykjy se besoekers nie?)
Beste wense
Willem Prinsloo
Beste Willem Prinsloo (jy het so 'n unieke naam)
Ons hier by watkykjy is vreeslik bly dat jy vreugde in jou hart gevind het en uiteindelik vir jouself elke oggend in die spieël kan kyk. Selfaanvaarding was blykbaar 'n groot bousteen in jou lewe gewees. Jy het seker die "ek-is-'n unieke-sneeuvlokkie-roetine" gevolg. As dit vir Oprah werk werk dit vir jou.
Ons hoop verder jy geniet al die "zaber" wat jy "kry", alhoewel ons twyfel. Bedoel seker maar "koop". By the way, great use of "puncutation" – die merk van 'n ware genie.
Girls in die Steentydperk? Baie enlightened van jou, ons is seker meisies is mal oor hierdie vlak insig en gross stereotipering. Jou hele brief smack van 'n loser wat iets kak sal kwytraak soos spiere=plesiere. O wag, dit was jy.
Al wat nou skort is dat jy genoeg courage bymekaar moet skraap en jou wyn-en-een-ysie-meisie vra om te trou. Dan kan jy seks binne die huwelik geniet en jy hoef nie Sondag skuldig te voel as jy in die ouderlingbank sit nie.
Ons wens jou alle sterkte toe met jou nuwe loopbaan as L.O. onderwyser by Hoërskool Soekvirkak. Werk is vandag redelik skaars. Veral vir regte blanke Afrikaanse mans en van wat ons kan aflei is jy 'n regte Afrikaanse blanke man.
Ons is baie bly jy het nou spiere en het iets om vir Hatfield te bied. As een van ons se karre weer gaan staan sal ons jou vra om te help "stoot" – ek weet nie of jy andersins gaan regkom nie.
Jy is voorwaar 'n ambassadeur duisend vir al die Willem Prinsloo's daar buite.
die watkykjy spierbeertjies
Watkykjy staan op 3,073,870 post views in totaal sedert 1 November, 2019.