Dat radio geen bestaansreg in Suid-Afrika het nie is alombekend en al voorheen op Wat Kyk Jy? gedokumenteer. Dit dien wel één goeie doel, en dit is dit maak dat ek (en vele ander) nie ons koppe teen ons stuurwiele tot 'n pulp stamp op die highway nie. Enter die nuutste stok in my hol – Highveld Stereo. Middelklas, middeljarige, middle-of-the-road stront wat dag na dag sorg Gauteng die mees besoedelde provinsie sal bly. In terme van klank natuurlik, en dis meer Joeys as P-town moet ek byvoeg. (Ons het wel Radio Pretoria om voor te antwoord.) So gebeur dit toe op een sprankelende Vrydagoggend dat Mark Gillman se Vinyl Frontier my maak bestuur soos die kont wat ek eintlik is onder al my goedgeleerdheid. Flip die dial en kom uit by 'n Bonnie Tyler tune. "Nee fok," skiem ek. "Dit moet 'n piele stasie wees dié. Fokken 'It's a heartache' en als." Jirre maats, toe skrik Hasie. Klaarblyklik is ek toe ingetune op die Rude Awakening en ek weet nou hoekom die show die naam dra. Sodra jy besef wat aangaan is dit soos die wrede besef dat jy nounet 'n slab Brooklax gechow het. Weliswaar 'n angspyn wat jou ruggraat buig en jou hol laat verstar. Hectic shit. Die crew probeer so hard as moontlik om, ten spyte van hulle herfsjare, "hip" en "cool" te wees. Jy weet, soos in, "with it", soos die jongmense van vandag. Dis 'n gelaggery en gepratery en gesaamsingery en gespelery. Dit terwyl lame-ass (soms sexual, aarghh!) innuendos mekaar stellig opvolg. Een gevallestudie behoort my punt te illustreer: Nadat die simpel vrou iets kak kwytgeraak het, chant ene Jeremy fokken lank soos 'n Hindu. Daarna spin hulle Eddie Grant se "Give Me Hope Johanna" en asof dit nie genoeg is nie begin die hele lot saamsing op die einde. Julle dink seker dis dit. O nee . Promptly word "It's Raining Men" gelaunch, weereens met almal wat horribaal saampis. Ek's seker vir die mans is dit nou 'n midlife crisis, maar hulle wys dat hulle eintlik in touch is met hulle seksualiteit. Die fok weet. En dis juis dit. Die fok weet. Hoekom is hierdie mense besig met sulke evil, evil goeters? Hoekom kry ek large bowel movements elke keer as hulle probeer snaaks wees? Hoekom wil ouer mense hip en cool wees? Hoekom is daai vrou se irriterende, beterweterige stem op enige publieke uitsaaimedium? Wat is Jeremy eindelik? My Corolla swaai gevaarlik naby by die office park in en sekuriteitsguards duik alkant toe, vrees groot op hulle oë. Hulle het duidelik my desperaatheid gesien, my masker van vrees en die sweet op my voorkop. Die fok weet. |
Watkykjy staan op 3,090,242 post views in totaal sedert 1 November, 2019.