Het jy al Witbank van bo af gesien, china? Ek reël vir jou 'n lift baie vinnig. grifF het so bietjie Fear Factor op homself getrek en geskiem nou wat nou hoe nou wat is dit nou met hierie freaks wat uit vliegtuie uitbliksem so paar duisend voete bo moeder aarde se polluted crust. As God wou gehad het mense moes vlieg sou hy hulle vlerke gegee het. Ek skiem hy sou mense heavy wortels vir voete gegee het as hy wou hê mens moet oppie aarde bly. Anyways, ons het Witbank geslat virre naweek met fokkol experience en doosbaie drank. Disse sif plek daai Swart Bank, so 100 k's uit Snor City uit. Jy moet omtrent 40km hoër as die spoedgrens cruise sodat jy deur die pollution en die reuk vannie abbatoir se barriers kan bars. As jy eers by die Skydiving Club is, is alles piele vir Sannie. Pitch jou huisie, ruk uit die dop en gooi dooie bees op vuur. Indulge. Die volgende oggend net na agt begin die training. Jump Masters, instructors, die fokken works. Moet nou nie soos grifF maak en 8 uur 'n bier klap om die hangover weg te vat nie. Jy sal daai dag nie 'n fok toegelaat word om te spring nie. Jumpmaster het my en Bartman lekker uitgevang en daar is vir ons getune dat ons eers die volgende dag sal kan spring. So gaan dit aan virrie res vannie dag tot so vieruur se kant wanneer jy in 'n harnas gestrap word en al die safety routines oor en oor doen voor sowat twintig ander mense wat hulle holle skeur terwyl jy rondgepluk word soos in die apartheidsjare terwyl die instructor "Malfunction!" skree en jy allerhande goed uit sequence kwytraak. Jy maak jou naam kont virre rukkie, maar dis nogal die moeite werd as jy weet watter toue om te trek. As jy jou spare shoot uittrek voor jy die main een release sal die kak wel in al 14 windrigtings spat teen 220 km/h. Dis op hierdie stadium wat jy jouself sal moet verbeel jy is 'n groot rubberbal. Volgende dag is dit vroeg op en jy suiker na die aerie toe wat so 5 mense dra. Die ding word basically deur duct tape, vloekery en skietgebedjies aanmekaar gehou, maar dis blykbaar net die stuff onder die hood wat saakmaak. Solank jy dit tot op duisend voet maak is jy sharp. Jy hoef eintlik fokkol te stress, want in die 21 jaar wat Witbank se skydiving club aan die gang is het daar nog niemand gevrek nie. Jy kry jou shute, 'n helmet en 'n overall wat jou soos 'n convict laat lyk. Nogal scary as jy dink dat jy dalk in Witbank se tronk gronde kan land met jou bandiet suit. Het blykbaar 'n paar maande terug met 'n chick gebeur. Inmates was besig om sokker te speel toe die girl tussen hulle drop. Half verward en ongelowig op haar afgestorm om haar te help. Sy't geskiem hier kom derde graadse gangrape. Hulle het haar wel gehelp met die shute en die club het haar by die tronk met die beach buggy gaan haal. Fokkit. So jy is nou in jou suite met die canopy op jou krom rug. As jou nou wil kak of pis is dit ongelukkig te laat. Jou static line word aan die aerie gehaak en jy klim. Op duisent poot doen jy safety checks vir oulaas. Die girls moet laaste spring want hulle weeg die minste. Gabba moet eerste duik en ek tweede. Les twee: Moenie jou gabba op die skouer klop om hom sterkte toe te wens nie, want hy sit met sy rug na jou, kan fokkol hoor en skiem dis Jumpmaster se teken om deur toe te move. Jy freak hom net verder uit as wat dit norig is. Jy move deur toe en klim uit in 'n wind wat jou van voor af PK teen 160 k's 'n uur. Jou hande skuif aan oppie beam onner die vlerk en jy hang bal. Kyk vir Jump Master, want hy lig sy duim as jou moet los. Les drie: As hy sy duim vir jou wys, knik net virrie china, want as jy terug duim wys los jy die aerie per ongeluk en jy kry 'n skrik en vergeet om te arch. Gabba het dit gedoen. Vir die eerste paar sekondes (of jy nou arch of nie) het jy nie 'n fokken clue waar jou poepol, die grond of jou maag is nie. Solank daar net 'n canopy bo jou kop sit, jy nie draai soos 'n hond wat sy eie stert jaag nie en die shape 'n reghoek is, is jy fuckin-A. Die lyne is 50% van die kere soos kerkbazaar koeksisters gedraai, maar dis fokol. Jy trek hulle net reg en float vir so 3 tot 4 minute grond toe. Nog 'n goeie wenk vir as jy uit die aerie spring: As die mense soos miere lyk is jy fine. As die miere soos mense lyk is jy tien teen een klaar in die hel. Nou kan jy rondfok en tricks doen met jou steering toggles totdat die blaar met die lollipops op die grond jou inbring soos 'n jetplane. Trek hard onnertoe met die toggles so drie meter bo die grond en land soos Neil Armstrong.. Les vier: Moenie te veel rondfok in die lug nie. Check waar jy wil land en fok dan rond. Die goose het te veel gespeel en so drie km verder op die horison agter 'n spul bome in uncharted territory verdwyn. Die aerie moes sirkel waar hulle haar laas gespec het tot die beach buggy haar kon opspoor. Tien minute later kom die buggy terug met 'n meisie wat krapmerke op haar gesig het en lyk of sy aan 'n Ford Interceptor se engine gewerk het. Al gillende op die agterseat: "I'm a celebrity! I'm a celebrity!" Sy het toe wel al die kragdrade, koorstene, bome en damme gemis en tot 'n klomp grootoog gewynde locals se verbasing in die squatter camp tussen 'n spul tyres en olievlekke geland en begin directions vra. Nou vra mense my hoekom ek uit 'n vliegtuig wil spring wat fokkol makeer. "Want die fokken deur was oop." As jy skiem jy's lus om 'n drop-out te wees, kap 'n static line na www.dropzone.co.za |
Watkykjy staan op 3,091,355 post views in totaal sedert 1 November, 2019.