Mark is not the shuttle worth. Dit sien ek aan die talle news reports en coverage van die fokken fiasko. Die hele fokken Suid-Afrika is nou ewe skielik opgewonde (of eerder die media is blykbaar) oor ons eie astronaut. Astro naught as jy my vra. Kom ons kyk wie Mark Shuttleworth is. Het ons hier 'n jong man wat teen al die odds sy drome bewaarheid het? Helaas, die eerste woorde wat opkom is "Computer nerd, computer nerd." Ons het hier te doen met die argetipiese geek wat hou van computers en space – Star Wars en Star Trek feature verseker in sy collection. Nadat hy opgelet het in klas betree hy die exciting wêreld van computers (Oeeee!) en, met behulp van ons wonderlike uitbuitende kapitalistiese stelsel, maak hy miljoene. Hierby ingesluit is natuurlik aanvaarde metodologieë soos overcharging omdat dit nuwe technology is. In fact, Mark maak soveel dat hy sy staff elkeen 'n miljoen in die hand stop. En die media kan nie genoeg kry nie. Toe besluit Gods rykste seun op sy volgende media stunt. Word 'n space tourist en word famous. Moerse achievement. Ek haat om baie ouens se bubble te breek, maar enige doos met so baie geld kan dit doen. Jy betaal actually vir jou kaartjie. Dis soos 'n Greyhound bus, net hoër en vinniger. Verder rev Supernerd die media deur te verwys na drome wat bewaarheid word, deursettingsvermoë, hoop en dies meer. Dit voel al hoe meer soos 'n Revenge of the Nerds movie waarin die loser die girl op die einde kry. Maar ons almal was op skool. Ons ken die waarheid. So namens Suid-Afrika wil ek vir Mark verskriklik gelukwens dat hy 'n kaartjie kon koop. Ons weet dit het sommer baie geld gekos. Van ons is bietjie ongelukiig oor hy so baie geld kan blaas op sulke kak terwyl hy iets worthwhile kon sponsor in die land wat hom ryk gemaak het. Maar dis net sommige van ons . . die res is ook Trekkies en hou van computers. "Een klein stappie vir Mark, een groot sprong vir Nerd Pride." |
Watkykjy staan op 3,056,051 post views in totaal sedert 1 November, 2019.