"Once there was this rock 'n roll band rolling on the street, Time went by and it became a joke …"
Laat-80s, skateboarding is not a crime en metal kraai koning. Heavy mental. Slaan vyf outies uit met 'n moerse lawaai, gevloekery en absolute fokken coolgeit. Guns en fokken Roses is die band.
Oorspronklik jol Axl Rose (regte naam William Bailey) in die band Hollywood Rose en team op met Tracii Guns (van L.A. Guns) en vandaar die naam Guns 'n Roses. Die union werk nie te kwaai nie en op die einde fok Tracii Guns aan met sy cock rock band terwyl Axl (vox) en Slash (lead guitar), Izzy Stradlin (rhythm guitar), Duff McKagan (bass) en Steven Adler (dromme) die oorspronklike Gunners word.
Die manne skop weg met '86 se Live like a suicide wat 'n lot noisy rock nommers live insluit, soos Nice boys (don't play rock 'n roll). Nie 'n moerse groot album nie en maak nie 'n duik in 'n drol nie.
Die ouens slaan die big time met 1987 se Appetite for Destruction – arguably die sleazyste en coolste rock album ooit vrygestel. Vele Afrikaanse tieners gooi nodeloos Christelike waardes oorboord en gil saam met tracks soos Sweet Child o' Mine, Paradise City en Welcome to the Jungle. Dis rock op sy beste: loud, raserig, vieslik en uiters fokken cool.
Die band het groot hare, bangles, tattoos, weird pette, hulle suip eindeloos baie, skiet 'n assortment draks op en doen alles seksueel imaginable. Rumours loop dat Motley Crue en GNR op 'n stadium 'n kompetisie gehad het oor wie die meeste groupies 'gehad' het.
1988 sien GNR Lies wat maar eintlik die rerelease is van Live like a suicide plus nuwe acoustic jams soos 'Patience' en 'Used to love her'. Orraait terwyl mens pool speel en bier drink, maar span nie werklik die spreekwoordelike kroon nie.
Na hierdie hectic excesses van die 80s word die manne rustiger, gooi 'n draai by rehab en boot Steven Adler uit die band uit omdat hy nie die habit kan kick nie. Hy was ook nie eintlik 'n goeie drummer nie, bygesê. Matt Sorum (voorheen van The Cult) neem weldra die stokke op.
Die ouens gaan voort met die recording van 'n much anticipated album Use Your Illusion en betrek ook vir Dizzy Reed, 'n keyboard speller en tjom van Axl. Die album raak meer ambisieus en hulle besluit om dit as twee CDs uit te reik en ook female backup singers, percussion, 'n horn section en ander weird instrumente in te sluit.
Die album is laat maar met goeie rede. Use Your Illusion I en II word gelyktydig vrygestel en verkoop soos e's by 'n rave. Songs range van rock nommers wat HARD bliksem, tot ballads wat ouens laat score by chicks tot epic arrangements met winding guitar melodies a la Slash. Die songs, recording en production is baie meer polished as Appetite for Destruction maar dit bly unmistakably Guns an' fuckin Roses.
En toe strike die kak die fan. Izzy Stradlin, een van die beste songwriters in die band, besluit die jol is kak en skiet uit. (Incidentally het hy nou al sy tweede solo album uit.) Hulle replace hom met so nowhere gypsy Gilby Clark.
1993 en hulle bring The Spaghetti Incident uit, 'n collection van covers soos Sympathy for the Devil (Rolling Stones) en punk liedjies waarvan Duff sommige sing. Baie simpel album en kan liefs vermy geword het. Glad nie 'n worthy opvolger vir Use Your Illusion nie. Glad nie.
Sies, ga ..
Toe fok alles rerig uit. Duff besluit om heeltemal op te clean, quit (alles) en begin later 'n band van sy eie. Matt Sorum jump ship vir The Cult en op een of ander stadium raak Gilby Clark ook verlore.
Na 'n ruk besluit Slash dis 'n kak plan en hy quit. Later begin hy Slash's Snake Pit (maar boring) en speel saam met Michael Jackson en sulke vibes. Blykbaar beplan die man 'n solo album. Whatever.
Axl hire en fire mense links en regs en speel deesdae shows met 'n fokken weird 8-man lineup. Dit lees:
- Axl Rose (die stem)
- Buckethead (stuppitte asshol wat lead guitar speel met 'n KFC emmer op hom koppie)
- Brian Mantia ('n drummer, voorheen van Primus)
- Robin Finck (guitarist voorheen van Nine Inch Nails)
- Thomas Stinson (onbekend as bassist)
- Paul Tobias (pel van Axl wat in cover bands guitar gespeel het)
- Chris Pittman (sound fx en keyboards, soos in beats bru, beats)
- Dizzy Reed (keybord speler uit die goeie ou dae van GNR)
Snaakse lot mense wat nog steeds nie kon manage om die unfuckinbelievably long-awaited Chinese Democracy album klaar te record dat mens darem nog Guns 'n Roses kan hoor voor ons ore ingee en ons blase vrylik vloei op ongeleë tye nie.
In fact, al wat intussen gerelease is is 'n 1998 Use Your Illusion compilation (songs van albei albums) en 'n 1999 Live Era '87-'93 verskoning. Ek's seker die record company het lankal moed opgegee.
Maar die Here hoor vir my, ek het nie. Mag die Gunners uit die spandex en big hair verrys om gestalte te gee aan 'n nuwe brand van sleaze rock.
Viva GNR viva.
Watkykjy staan op 3,112,773 post views in totaal sedert 1 November, 2019.